
Eg Belgies, met die heerlike geure van Speculaas kruie en fyn koekies in die dekadadente smeer. Ons geniet hierdie smeer met roosterbrood, Franse roosterbrood, koek vulsels en ook ingewerk in versiersels vir n heerlike unieke smaak.
Wenk: Voeg ‘n halwe koppie neute of grondbone botter by hierdie resep vir ‘n groter bederf en variasie.
250 g Lotus Biscoff koekies of gemmer koekies, fyn gemaal sonder enige klonte, poeier.
Knippie sout
½ t kaneel of speculaas kruie soos gesien op my webtuiste onder Speculaas
½ t vanielje geursel
2 e heuning of goue stroop
2 e egte botter nie margarien, margarien sal vet spikkels maak en nie glad op die tong
125 ml ingedampte melk, daar is ‘n les op my webtuiste om jou eie Ingedampte melk te maak.
Meng die fyn koekies met die res van die bestanddele en botte. Hou in die yskas en seel altyd dit.
Raklewe in yskas: 12 maande
Op die rak: 6 maande maar dan lugdig in gesteriliseerde flesse verpak.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2015
Hoeveelheid: 350 ml houer