Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Soet-suur gefermenteerde koolslaai

Table of Contents

Deesdae is my spyskaart gevul met gefermenteerde voesels om na my gesin se algemene gesondheid om te sien. Ons neem geen probiotika aanvullers in die vorm van druppels of pille, maar neem dit in deur ons kos. Moeder Natuur het vir ons al die sleutels gegee om haar skatkis van gefermenteerde voedsels gratis te ontsluit soos wat dit bestem was van die Skepping van die Aarde.

Wat is gefermenteerde voedsel? Dit is voedsel wat besig is om deur mikrobes af gebreek te word om deur ons of die natuur verteer te word. Tydens hierdie proses is daar wonderlike mikrobes wat tot voordeel van ons gesondheid aangewend kan word. Intestinale gesonheid het direk te doen met byvoorbeeld die vervaardiging van serotonin in die dermkanaal. Ja, Serotonin is nie net in jou brein teenwoordig…het jy al gedink hoe het dit daar gekom? As jy dus ‘n swak diet volg wat ‘n tekort het aan probiotika (goeie intestinale flora) sal jou liggaam sekere hormone en ensieme nie kan vervaardig om vertering moontlik te maak. Ons liggame is wonderlike voertuie vir dit wat ons eet om aan die lewe te bly, maar om hierdie voertuie instand te hou moet mens met oordeel ook eet.

Geniet hierdie gesonde slaai resep wat op sy eie geniet kan word met ‘n stukkie protein, as deel van ‘n burger broodjie of sommer net so op sy eie. Dit is heerlik en gesond. Indien jy dalk allergies is vir sesame saad of ‘n derm probleem het, kan dit uit die resep gelaat word.

Slaai bestanddele
500 g gesnipperde kool (kan wit of rooi kool wees)
100 g grof gerasperde wortels
¼ ui in dun repies gesny (opsioneel) geel, wit of rooi ui
30 ml dill blare vars of gedroog 5 ml

Slaaisous
¼ k lemmetjie sap
30 ml fyn gekapte ui
30 ml rou of gewone heuning
15 ml Appel asyn, met moeder plantjie
Knippie gemmer poeier
¼ t himalaya klip sout
50 ml olyfolie of sesame olie
1 t gladde Dijon mosterd
¼ k sesam saad (vir sprinkel)
grof gemaalde swart peper na smaak

Meng al die slaai bestanddele saam.

Hou semam saad eenkant. Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in ‘n voedsel verwerker en verwerk totdat die mengsel glad en homogeen is.

Giet die sous en sesame sade oor die slaai bestanddele en meng goed deur. Pak in gesteriliseerde flesse of slaai bak en marineer vir 1 uur of langer.

Raklewe van hierdie slaai in die yskas is 14 dae. Dit vorm ook deel van gefermenteerde voedsel.

Ek hou daarvan om Dukkah of Zahtar saam met hierdie slaai te geniet. Dit is ‘n geurige sout met kruie, neuter en speserye vermeng.

Bron: Annelien Pienaar, Fermenteerde voedsel klas 2019. www.annelienpienaar.co.za

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (7)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

3 Replies to “Soet-suur gefermenteerde koolslaai”

  1. Gerda Vierra

    Annelien, baie dankie vir die bederf met hierdie lekker koolslaai resep!!!! Lyk na n wenner!!!! Gaan hom beslis maak!!!

  2. Coleen

    Hi. Binne hoeveel dae is hierdie slaai gefermenteer? Bedoelende hoe lank moet dit regtig staan voordat dit gefermenteer is?

  3. Annelien

    Coleen, indien jy met appelasyn werk en dan so paar dae laat staan, dan sal dit binne 3 dae sy werk doen. Jy moet egter met rou appelasyn en organiese groente en vrugte werk.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!