
Die eerste keer toe ek Dukkah proe was ek baie verras dat ‘n sout so lekker kan wees. Gou was ek oor die vingers getik deur my Indiese vriendin dat dit nie sout is nie, maar ‘n bykos of dis soos sy dit sou noem. Die oorsprong is Egipties en was saam met allerlei brode met gegeurde olies geëet.
Wanneer ek my geliefde Labneh (yoghurt kaas balletjies) maak is Dukkah altyd op die spyskaart. Dit is heerlik saam met vars gekookte beet en balsamiese asyn reduksie, ‘n sprinekl laag oor karamel en roomys…skyfies brood gedoop in goeie olyfolie en balsamiese asyn en dan in dukkha gedoop of oor gekookte eiers vir ontbyt …die lys hou nie op nie. Hoe eet jy jou Dukkha?
RESEP
2 e Koljander sade *2 tbsp coriander seeds
1 t Vinkel saadjies *1 tsp fennel seeds
2 e Komyn saad *2 tbsp cumin seeds
½ t Swart peperkorrels *1/2 tsp black pepper corns
1 e See sout *1 tbsp Sea salt
¾ k Sesame saad *3/4 cup sesame seeds
1 k Amandels (neute van keuse, pekans werk ook heerlik) *1 cup almonds or any other nuts.
METODE
1. Jou geduld gaan hier getoets word…maar die eind resultaat is uiters belonend. Rooster al die bestanddele individueel. Elkeen se brandpunt is verskillend. Dus hou die bestanddele baie goed dop soos jy dit in ‘n warm pan plaas. Sodra jy die reuk van die sade kry, haal af en gaan aan met die sesame en amandels. Die sesame sade en amandels kan baie maklik skroei. *Roast all seeds separately in a dry frying pan over moderate heat. Then roast sesame seeds along with almonds.
2. Plaas al die bestanddele in ‘n voedsel verwerker en kap fyn. *Add ingredients to food processor and pulse to the consistency of your choice.
3. Plaas in ‘n lugdigte houer en hou in die yskas en gebruik soos nodig. *Store in an airtight container inside refrigerator for 3 months. Bulk may be frozen up to 6 months.
HOEVEELHEID: 300 ml.
Source: Annelien Pienaar, 2015
Hierdie klink hemels! Kan ek die resep met gemak verdubbel of -trippel?
Jy kan met groot sukses vermeerder. Groete Annelien