Zahtar, Z’aatar is die Arabiese woord vir tiemie wat wil groei teen die heuwels van die oostelike dele van Meditereense streke. Dit is ook die woord wat gebruik word om na ‘n geurige spesery mengsel met gedroogde tiemie, fyn gemaalde sumac bessies, geroosterde sesam saad en sout te verwys. Dit word amper oor enige iets gebruik en disse wat ek persoonlik al geniet het met so ‘n sprinkel van hierdie spesery mengsel is: brood, feta, hoender, rooivleis, halloumi, frikkadelle, geroosterde groente, kaas, joghurt, slaai en vele meer, selfs springmielies!

60 ml gedroogde wilde tiemie (thyme) indien jy nie wild kan kry, gebruik normale tiemie
30 ml gemaalde sumac
45 ml geroosterde wit sesam saad
1 e medium growwe sout

Meng al hierdie bestanddele saam en seel in ‘n lugdigte houer in die yskas. Maak elke 3 maande ‘n nuwe mengsel aan. Die smaak gaan wel verlore.

Loer by ‘n kwekery vir wilde tiemie of ‘n variasie van tiemie. Droog self jou kruie en gebruik dan vir hierdie resep.

Vir ekstra lees oor Kruie en speserye klik hier: Kruie en speserye

Bron: Annelien Pienaar, 2019, www.annelienpienaar.co.za Kruie en speserye klas
Hoeveelheid: 100 g