Daar is soveel verskillende soorte Kaaskoeke om van te kies en mens moet weet wat die verskille is om die regte een vir jou smaak profiel te kry. Ek het vir julle ’n klassifikasie saamgestel oor die onderwerp. Geniet!

1. New York-styl kaaskoek
Smaak: Ryk, volroom, effens suur van roomkaas en suurroom. Baie intens en dekadent.
Tekstuur: Dig, glad en romerig; ’n stewige sny wat nie maklik uitmekaar val nie.
Skakel na resep: https://annelienpienaar.co.za/onvergeetlike-ny-kaaskoek-met-soet-lagie-n-stap-vir-stap-resep/

2. Philadelphia-styl kaaskoek
Smaak: Iets ligter as New York, minder suurroom, dus suiwerder kaassmaak.
Tekstuur: Sagter en romerig, maar nie so swaar soos New York nie; ’n fluweelagtige gevoel in die mond.

3. Italië (Ricotta-kaaskoek)
Smaak: Ligter, effens korrelrig; minder ryk omdat ricotta minder vet is. Subtiel soet, met ’n melkerige en neutrale ondertoon.
Tekstuur: Minder dig, amper “wolkerig” of effens korrelrig, nie so romerig soos roomkaas-gebaseerde weergawes nie.

4. Duitse Käsesahnetorte (kwark-kaaskoek)
Smaak: STerk en suurder as roomkaasweergawes; ligter en nie oorweldigend soet nie.
Tekstuur: Sag, lig, lugtig en klam; kwark gee dit ’n sagte wrongel-agtige tekstuur.

5. Japannese Kaaskoek (Soufflé-styl)
Smaak: Delikaat, liggies soet met ’n sagte roomkaas-aroma; amper soos ’n mengsel tussen sponskoek en kaaskoek.
Tekstuur: Baie lig en donsig, smelt in die mond; minder romerig en meer skuimagtig.

6. Basque Burnt Cheesecake (San Sebastián)
Smaak: Intens gekaramelliseer, met ’n bittersoet boonste kors; die binnekant romerig en ryk.
Tekstuur: Sag, amper vloeiend in die middel; die gebrande kors gee ’n kontrasterende rokerige smaak.

7. Griekse Kaaskoek (met mizithra, anthotyro of feta)
Smaak: Sterker, sout-soet balans; dikwels met heuning of sitrus gegeur.
Tekstuur: Meer korrelrig as ricotta-kaaskoek, maar steeds lig, mousserig en klam.
Skakel na resep: https://annelienpienaar.co.za/grieks-gebakte-kaaskoek/

8. Pools Kaaskoek (Sernik)
Smaak: Ryk maar nie oorweldigend nie, dikwels gegeur met vanielje, sitrus of gedroogde vrugte.
Tekstuur: Stewig, effens krummelrig, nie so romerig soos New York-styl nie.

9. Russiese Vatrushka
Smaak: Melkerig en lig; minder soet, dikwels saam met brooddeeg of gebak.
Tekstuur: Sag, nie swaar nie; meer soos ’n gebak met kaaskern as ’n volwaardige kaaskoek.

10. Diabetiese Kaasoek
Smaak is soos ‘n Grieks gebakte kaaskoek.
Skakel na resep: https://annelienpienaar.co.za/diabete-vriendelike-gebakte-kaaskoek-lae-koolhidraat-gluten-vry/

11. VAriasie tipe Kaaskoeke
Pynappel Kaaskoek
Wortel Kaaskoek
Suurlemoen meringue Kaaskoek Twist
Karamel Kaaskoek
Peppermint Crisp Kaaskoek Twist
Pasella Kaaskoek
Rooi Fluweel Kaaskoek

 

Basque kaaskoek
600 g roomkaas
200 g strooisuiker
4 large eiers
400 ml dubbel dik room soos by Woolies van Guernsey room (daar is ongelukkig geen ander plan vir die een, daarom was dit my doel om dit nie te publiseer want dit is te duur vir Jan alle man, maar hier is hy nou)
5 ml vanielje geursel
20 g koekmeel
knippie sout

  • Oond voorverhit na 200 C. Berei ‘n losboom 20 cm pan voor met pan smeer en bakkerspapier.
  • Meng die roomkaas tot romerig en glad.
  • Voeg die strooisuiker, koekmeel en room by en klits tot glad en dik.
  • Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
  • Giet in pan.
  • Laat die pan val om borrels uit te kry.
  • Bak vir 45 tot 55 minute. Tot mooi bruin tot geskroei bo op.
  • Laat die koek in die pan afkoel. Onthou die koek gaan jiggly lyk as dit warm is, moenie kommer.
  • Sodra die koek afgekoel is, hou in pan en verkoel vir 4-6 ure voordat jy ontvorm.
  • Bedien met Chantilly room en bessiesBron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2003
    Hoeveelheid: 1×20 cm pan