‘n Heerlike gereg wat warm of verkieslik koud bedien kan word en beter nog, die raklewe is so 7 dae in die yskas. My stapel alternatiewe protein opsie wat amper met enige slaai en stysel geniet kan word. Ek het oor die jare heen paar vrae rondom die gereg gehad wat ek hier onder met julle deel. Geniet en kom spog.
Algemene vrae by die maak van Coronation hoender.
Hoekom is my CoronationChicken te waterig?
- Die sous het dalk nie genoeg gereduseer nie, of die mayo/room-verhouding wasverkeerd. Laat die sous heeltemal afkoel voordat jy dit meng — dit salnatuurlik verdik.Kan ek warm kerrie poeier gebruik?
- Ja, maar begin met ’n klein hoeveelheid en proe soos jy aangaan. Hierdie geregmoet sag en geurig wees, nie skerp en vuurwarm nie.Hoekom smaak die gereg flou?
- Probeer om ’n bietjie meer suurlemoensap of ’n knippie sout by te voeg.My hoender is droog —wat het gebeur?
- Dit is waarskynlik oor gaar gemaak. Sagte posjeer of stoompot of die gebruik van oorskietgebraaide hoender werk goed.Moet ek die sous sif?
- Nee, maar dit gee ’n gladde, luukse tekstuur.
Bedienings voorstelle:
- Basmati-rys –’n klassieke keuse
- Aartappel in die skilgebak – daardie warm-koue kontras is heerlik.
- Gemengde blaar-slaai –hou dit lig en vars.
- Jy kan dit selfs in ’n bros baguette met rocket (arugula) stapel vir die wêreld se luukstepiekniek toebroodjie.
Kan ek die gereg glutenvrymaak?
Ja! Maak asb net dood seker die kerriepoeier en tamatiepasta is gluten vry, lees die voedsel etiket mooi.Kan ek Griekse joghurtgebruik in plaas van crème fraîche?
Beslis. Dit sal ’n bietjie suurheid en ’n ligter tekstuur gee.Is hierdie resep geskikvir maaltydvoorbereiding?
Ja. Dit hou goed in die yskas en werk vir middag etes, wraps en slaaie reg deurdie week.Kan ek die rooiwynvervang?
Probeer granaatappelsap of druiwe sap met ’n skeut suurlemoensap vir ’n alkoholvrye weergawe.Bestanddele vir Coronation Hoender
- 500 g gaar hoender(verkieslik gesnipper of in blokkies)
- 2 eetlepels olie
- 1 klein ui, fyngekap
- 1 eetlepel kerriepoeier (medium of matig, na smaak)
- 1 teelepeltamatiepasta
- 100 ml hoender aftreksel
- 6 e goeie rooiwyn van keuse
- 1 eetlepelsuurlemoensap
- 2 teelepels suiker
- 100 ml mayonnaise
- 100 ml crème fraîche (of Griekse joghurt)
- Sout en peper nasmaak
- 2 eetlepels rosyne of sultanas (opsioneel)
- 2 eetlepelsamandel skyfies (opsioneel)
- Vars koljander of pietersielie vir garnering
Metode vir Coronation Hoender
- Verhit die olie in ’n pan en soteer die ui tot sag.
- Voeg die kerriepoeier by enkook vir 1 minuut om die geure los te maak.
- Voeg geurmiddels by.
- Roer die tamatiepasta, hoenderaftreksel, suurlemoensap en suiker by.
- Laat diemengsel prut tot dit effens verdik het. Laat heeltemal afkoel.
- Meng die afgekoelde kerriemengsel met mayonnaise en crème fraîche (of joghurt) en wyn.
- Geur met sout en peper.
- Vou die gaar hoender, rosyne en amandels (indien gebruik) by die sous in. Meng goed.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2003 Hospitality Sudies Level 5