Spekboom (Portulacaria afras), ‘n pragtige water-besparende plant in jou tuin kan met slim planne wel in jou huis as voedsel gebruik word. Dit groei relatief maklik en is laag in onderhoud. Een keer per jaar word dit terug gesnoei en dan het mens die heerlike eetbare blaartjies om in slaaie, souse, konfyt of blatjangs te verwerk.

Waarskuwing, neem kennis!

Daar is egter ‘n waarskuwing rakende die gebruik van Succulente in geregte, alle sukulente. Dit is baie hoog in oksaalsuur en vir diegene wat met hoë bloeddruk sukkel, nier versaking of nier verwante siektes het, diabete, gout of moet laag in soute eet, dan is hierdie NIE vir jou. Maak seker indien jy beplan om te vervaardig vir handel, dat dit duidelik gestel word aan die verbruiker dat die produk hoog is in oksaalsuur.
Hierdie blaartjies is baie laag in pektieninhoud dus sal dit aangevul moet word en ook die oksaalsuur bietjie verlaag deur ‘n neutrale vrug soos Granny Smit in te werk wat hoog in pektien is. Jy kan ook oorweeg om peer met appel gekombineer te gebruik of selfs druiwe en appel. Die produk is nie lekker as jy net spekboom gebruik nie.

Voordele in die gebruik van Spekboom blare in die dieet

  • Gesondheidsvoordele van Spekboom
  • Ryk aan Vitamien C
  • Bevorder immuunstelselgesondheid.
  • Help teen verkoues en griep.
  • Antioksidante Eienskappe
  • Help om vrye radikale te neutraliseer.
  • Kan selveroudering en inflammasie verlaag.
  • Laag in Kalorieë en Vetvry
  • Geskik vir gewigsbeheer.
  • Goed vir ‘n lae-kalorie dieet.
  • Voedingsvesel
  • Bevorder gesonde spysvertering.
  • Kan help met hardlywigheid.
  • Verkoelende en Ontgiftende Eienskappe

Spekboom Konfyt Bestanddele lys

500 g spekboom blaartjies van die stingel gestrook, jonger blare is beter
5 liter water
1 t sout
1 e koeksoda

Week hierdie blare in hierdie oplossing vir ‘n uur om die oksaalsuur te onttrek. Dit sal nie alles uitloog nie, maar help verseker. Dit help ook as die plant met insek doders inaanraking was om die gif te neutraliseer.
Spoel die blare goed en week weer vir ‘n uur in water. Daarna is dit gereed om verder vewerk te word.

500 g spekboom blare reeds uitgevars en skoon
1 kg witsuiker
1 kg Granny smit appels (hier kan jy helfte appel en dan met ander helfte vrug van jou keuse vermeng)
1 stokkie kaneel
500 ml water
5 ml suurlemoensap
1 t xanthan gum aangemaak met 50 ml water (opsioneel)
Knippie sout


Metode vir Spekboom konfyt

  • Skil die appels en verwyder die klokhuis, sny op en kook saam met die kaneel stokkie in die 500 ml water tot amper sag. Behou die vog.
  • Plaas dan die appels, spekboom blare in ‘n voedsel verwerker en puree tot glad. As die mengsel te droog voorkom, voeg van die vog in die kastrol by.
  • Plaas die puree terug in die kastrol met die oorblywende water, voeg die suiker by en sout. Roer dan die mengsel oor matige hitte en sodra die suiker gesmelt het, begin dit oor medium hitte kook totdat die mengsel met die helfte afgeneem het. Onthou om ‘n 20 cm grootte kastrol te gebruik omdat ‘n te groot kastrol die vog te vinnig verdamp en die produk dan taai sal raak en nie mooi sag sal set.
  • Teen die einde voeg die suurlemoensap en aangemaakte xanthan gum by. Kook vir 5 min om te verdik en bottel in warm gesteriliseerde flesse.
  • Draai bottel op sy kop en sodra afgekoel vee af en plaas in jou spens. Raklewe is 2 jaar.

Bron: Annelien Pienaar, 2023
Hoeveelheid: 3-4 bottels van 375 ml