Het jy geweet….Pret met Sherbit: Maklike en Lekker Tuisgemaakte Sherbet Resep het ‘n wonderlike Wetenskap les?

Die tinteling in jou mond word veroorsaak deur ‘n suur-basis reaksie. Die sitroensuur of wynsteensuur is die suur, terwyl die koeksoda die basis is. Wanneer ‘n suur en ‘n basis met die speeksel in jou mond meng, word ‘n gas gevorm. Dit is die koolstofdioksied borrels wat die Sherbit laat bruis. Die versiersuiker dien as versoeter, en die jellie kristalle voeg geur en kleur by die Sherbit.

Hier is ‘n paar idees om jou Sherbit op te kikker met verskillende geure en kleure!

Geursels vir Pret met Sherbit: Maklike en Lekker Tuisgemaakte Sherbet Resep

  • Jellie: Gebruik verskillende geure soos aarbei, lemoen, suurlemoen of bloubessie vir unieke smake.
  • Aanmaak Koeldrank poeier: Probeer Cream Soda-, Cola- of Pineale Fizz-koeldrank poeiers vir ‘n lekker bruis-effek.
  • Gedroogde vrugte poeier: Maak fyn gedroogde suurlemoen-, lemoen- of aarbeiskil vir ‘n natuurlike vrugte geur.
  • Peperment- of vanielje-ekstrak: Voeg ‘n klein bietjie poeieragtige vanielje of pepermentolie vir ‘n interessante smaak. Ek persoonlik is gaande oor Rolkem se geursels en kleursels en werk puik vir hierdie resep.

Kleursels vir Pret met Sherbit: Maklike en Lekker Tuisgemaakte Sherbet Resep

  • Verskillende kleure aanmaak jellie. Kies helder kleure soos rooi, groen of blou.
  • Voedsel kleursel poeier: Meng ‘n klein bietjie droë kos kleursel in vir ‘n intense kleur.
  • Vrugte poeier: Fyn gedroogde bessies soos frambose of bloubessies gee ‘n natuurlike kleur en geur.

Eetbare glans poeier: Vir ‘n sprankelende effek!

Kleinmaat resep vir die nuuskierige kokke wat graag die Pret met Sherbit: Maklike en Lekker Tuisgemaakte Sherbet Resep wil maak: 65 g

  • 4 g (1 teelepel) sitroensuur of wynsteensuur
  • 4 g (1 teelepel) koeksoda
  • 36 g (3 eetlepels) versiersuiker
  • 20 g (2 eetlepels) aanmaak jellie (opsioneel)

    Grootmaat resep vir die nuuskierige kokke wat graag die Pret met Sherbit: Maklike en Lekker Tuisgemaakte Sherbet Resep wil maak: 500 g

  • 31 g (8 e) sitroensuur of wynsteensuur
  • 31 g (8 e) koeksoda
  • 280 g versiersuiker
  • 156 g aanmaak jellie van keuse (opsioneel)

    Instruksies vir Pret met Sherbit: Maklike en Lekker Tuisgemaakte Sherbet Resep

  • Meet al die bestanddele af en plaas dit in ‘n groot mengbak.
  • Meng dit deeglik tot alles goed versprei is.
  • Bêre die sherbet in ‘n lugdigte houer om dit vars te hou.
  • Nog ‘n oulike wenk is om groot strootjies te neem en dan die punte met ‘n impuls seëllaar te seel en vul dan met die sherbit en maak die ander punt toe sodra dit vol genoeg is. Jy kan speel met ‘n reënboog van kleure. Geniet en kom spog.

    Geniet dit op jou tong of sprinkel oor roomys, pannekoeke of wafels.Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2020