Diabetiese Vrugtekoek kan potensieel die bloedsuiker vlakke laat styg en dit is dus krities met hierdie resep om te hou by die voorgestelde porsie beheer. Hierdie koek word nie soos die tradisionele vrugtekoeke benat met alkohol of sap want dit stoot die koolhidrate telling erg op. Gebruik asb sterk rooibos tee vir natmaak sou jy verkies. ‘n Halwe koppie is genoeg.
1 kg gemengde droë vrugte
1/2 koppie dadels, gekap
1/2 koppie neute van keuse
125 g botter
3 e kakao
1/4 koppie erythritol
1 teelepel gemengde speserye
3/4 koppie water
1/4 koppie lemoensap
1/4 koppie brandewyn of whisky
3 eiers, liggies geklits
1 koppie volkoring self-rysmeel
1 koppie volkoring gewone meel
1/2 teelepel bakpoeier
1/2 teelepel sout
Voorverhit die oond en berei die pan voor:
Voer ‘n 20 cm bakpan uit met twee lae bakkers papier.
Kook die vrugtesous:
Kombineer dadels en gemengde vrugte in ‘n kastrol saam met botter, gemengde speserye en water.
Roer oor lae hitte totdat die botter gesmelt het. Bring tot kookpunt en kook vir 3 minute. Verwyder van die hitte en laat heeltemal afkoel.
Meng die nat bestanddele:
Voeg rum en lemoensap by die geklits eiers. Voeg hierdie mengsel by die afgekoelde vrugte mengsel en meng goed.
Voeg die droë bestanddele by:
Sif die volkoring self-rysmeel, volkoring gewone meel, bakpoeier en sout. Voeg die gesifte droë bestanddele by die nat mengsel en kombineer deeglik.
Bak die koek:
Versprei die beslag eweredig in die voorbereide pan. Bak vir 2 ure by 170°C.
Laat afkoel:
Bedek die koek met aluminiumfoelie totdat dit heeltemal afgekoel is. Geniet jou heerlike, diabeet vriendelike vrugtekoek!
Die koek word in 20 dele gesny om die volgende nutrientwaardes te gee.
Voedingstof Per Sny
Energie 220 kJ
Proteïen 3.2 g
Koolhidrate 35 g
Suikers 22 g
Totale Vet 8.5 g
Versadigde Vet 4.5 g
Vesel 3.8 g
Natrium 110 mg
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2023