
Lemon Meringue, Lemon Curd pie…ja as jy hier lees kan jy ook seker daarvan getuig dat jy al self kopkrappers met hierdie tert gehad het! Onthou asb dat ‘n Lemon meringue pie / Curd pie net ‘n rak lewe het van 3 dae!!!! Nie weke! So hierdie is wat mense altyd die potjie bietjie mis sit. In hierdie artikel wil ek graag met jou die verklarings gee rakende kopkrappers met hierdie outjies. Ek verwys na die Suurlemoen meringue in die BKT kookboek en dan ook die Suurlemoen Vla tert
Kom ons begin chronologies volgens ‘n tydsverloop van die basiese stappe in ‘n Lemon curd/meringue pie.
Foto: die Suurlemoen meringue resep in die BKT kookboek.
Die kors
1. Ek nooi jou uit om na my oonde video te kyk want om jou oond te ken gaan baie van jou bakkery kopkrappers oplos. Maar in hierdie video gee ek ook raad oor korse.
2. a. Die deeg basis moet geprik word voordat dit gebak (sommige resepte vra vir blind bak). Dit is nodig vir ‘n goeie basis wat stabiel sal wees. Daarna voordat ‘n vulsel in die kors geplaas word. Ek verkies om ‘n Pate Sucree te gebruik op die webtuiste. Dit bak spieel hard en glad. Neem 1 eierwit en 1 e water en klits goed saam. Smeer die warm deeg basis met dit om dit waterdig te maak en geen stroop wat sal trek of die basis pap maak…sit die deeg basis vir 5 min terug om droog te bak. Jy sal uiteraard nie al die eierwit kan gebruik so vries vir latere gebruik.
b. Sprinkel die basis dan met bietjie mielieblom, dit help ook om vog te bind.
Die vulsel
Die grootste kopseer hier is die feit dat daar ‘n slymerige laag vorm tussen die meringue en die vulsel…
1. Die meringue moet DADELIK op die warm vulsel gesit word en gebak word. Hoekom? Daar vorm weens vog uit die lug (kombuise het ketels wat kook, wasmasjiene, potte kook…dalk by die see woonagtig?!) en die suiker in die vulsel sal begin vog trek as dit afkoel. So jou tydsberekening moet bitter fyn wees van meringue berei terwyl die vulsel bak. Maak altyd seker al die bestanddele is reeds gereed en afgemeet om te kan klits as die ander bak!
2. Sprinkel voor die meringue op die warm vulsel gaan met mielieblom…liggies, nie ‘n dik wit laag. Die mielieblom sal mettertyd ook die vog absorbeer om die “weeping” effek te voorkom!
Die Meringue
Die Meringue vir die Boere Lemon Meringue pie is anders as die wat jy by Mug ‘n Bean ens koop…dit is net suiker en eierwitte wat geklits word en dan gedroog ipv lank gebak word. Die van die bg winkel is ‘n gekookte meringue dus is die eierwit gaar en veilig! In my resep vir Lemon curd pie sal jy merk dit is die gekookte weergawe maar die vulsel bevat nie kondensmelk nie. Daarom kan jy sonder om te kommer die meringue soorte met mekaar uitruil. Die reels bly in alle gevalle dieselfde soos rees in Die Kors, Die Vulsel bespreek is.Onthou ook dat omdat hierdie ‘n meringue is, die reels oor vogtrek as dit reen wel van toepassing. Lees hier.
1. Beide meringues moet verkieslik so 15 ml mielieblom in kry want WEEREENS bind die mielieblom vog sodat die meringue nie water druppels trek nie.
2. Klits van meringues moet teen matige spoed gedoen word sodoende die suiker kristalle goed op te los en fyn te maak. Hoe fyner die suiker kristalle, daarom verkies ek om strooisuiker ipv witsuiker te gebruik. Want hoe groter die kristalle, hoe vinniger gaan dit vog uit die tert en ook die lug aantrek om homself in sy kleinste kristal vorm te verander. Dit is wat higroskopie beteken…lees na oor die woord…elke geval, suiker kristalle moet amper onvoelbaar wees in ‘n meringue en dit kan net met ‘n matige en langer tyd van klits bereik word. Hier is dus die maak of breek van die tert. Mense mis soms die deel.
3. Die sprei van die meringue op die kors en vulsel is ook belangrik want jy moet seker maak die meringue raak aan die kors, dus neem jou tyd met die kors en druk dit mooi of rol goed sodat dit netjies teen die rand van die tertbak uit steek of gelyk met dit is. Die feit dat die meringue aan die kors se rand raak sal klou plek gee sodat die meringue nie krimp en los trek van die kant en soos ‘n “drywende eiland” lyk.
4. Smeer die kors se rand ook met ‘n bietjie water voordat die meringue op gaan veral met klein doppies, so trek die doppie nie af of gaan los.
5. Vir die BKT lemon meringue moet jy die meringue basies vir ekstra droee meringue in die oond los met die deur oop as dit klaar gebak het sodat dit soos ‘n regte meringue net kan uitdroog tot die volgende dag. Maar die oond moet eers bietjie afkoel voordat jy die meringue terug sit anders word dit te donker. Dus, speel hier fyn met jou tydsberekening.
Storing van die tert
1. Maak seker die tert het goed afgekoel! Geen lou tert in ‘n yskas dan is jy gewaarborg van stroop wat trek!
2. MOENIE die tert bedek nie!!! Jaaaa, jy lees reg moenie dit toemaak in die yskas! Gesnyde dele moet bedek word met ‘n stukkie plastiek sodat die vulsel nie droog nie.
3. Jy kan ‘n meringue onbedek vir 3 dae op die rak hou en dit sal niks oor kom! Die eierwitte is gaar want die interne temperatuur gaan oor 65C wat dus die eier pasteuriseer, dus is die eierwitte nie rou of gevaarlik nie!
Ek hoop hierdie inligting help!
Bron: www.annelienpienaar.co.za 2023
Dnki
Baie dankie vir hierdie waardevolle inligting Annelien. Ek waardeer dit opreg. Anselda Els
Shoe dis ń mond vol, letterlik en figuurlik! Baie dankie vir als die waardevolle advies!
Zurita,
Dankie dat jy die tyd geneem het om die artikel te lees en vir die positiewe terugvoering.
Groete
Annelien