
‘n Ou familie gunstelinge met heerlike Twists by. Geniet hierdie resep en lees eers die metode sorgvuldig vir die versteekte lessie. Hierdie gereg kan met pastas bedien word, Spaanse rys of selfs paella rys.
6 hoender borsies, in blokkies van 3 cm x3 cm
2 k groente aftreksel
Plaas in stoompot en kook vir 20 minute.
115 g (½ k) botter
50 ml olyfolie
250 g knopie sampioene, fyn gesnipper
1 groot soet rissie, in repies of blokkies gesny, liggies in olie gebraai
1 groot ui, gekap
70 g (1/2 k) koekmeel
500 ml (2 k) hoender aftreksel, warm
250 ml (1 k) melk, lou warm
250 ml (1 k) room
250 ml (1 k) ertjies
½ t knoffel, fyn gedruk
1 t gedroogde dill, Woolies!
Sout en peper na smaak
Braai die uie, sampioene en soetrissie in die botter. Sprinkel die meel oor en roer dit goed deur sodat die meel met die olie en bestanddele meng.
Giet die aftreksel en melk by die uie en meel mengsel en roer aanhoudend om klonte te voorkom.
Sodra die mengsel verdik het voeg die res van die bestanddele behalwe room by. Kook vinnig op en sodra die hoender vir 5 minute deur gekook het, voeg die room by, skakel die plaat af en plaas deksel op. Rus vir 5 minute. Roer goed deur en bedien dadelik.
As die room te lank voor die tyd bygevoeg word sal die proteine in die room denatureer en die olie skei en die gereg olierig laat lyk.
Wenk: enige bloukaas, mozzarella, bokmelk kaas, parmassaan…kan ook vir ekstra geur bygevoeg word, na gelang van keuse.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2003
Hoeveelheid: 6 porsies