
Hierdie resep het verseker my lewe in soveel opsigte net verbeter… Dit het ‘n wyle geneem om by hierdie resep uit te kom om vir my dogtertjie die beste te gee tov wat in haar kosblikkie elke dag gepak word. Met die ouer boeties was daar nie iets soos allergieë of intoleransie gewees nie. Dus, moes ek mooi sif tov wat sy mag eet en nie. Die toets van resepte neem ‘n wyle en die dag as mens die resep so kry dat dit na die egte ding lyk. Wel dan dans jy die kotiljons!
420 g (3 k) Glutenvrye meel (sonder die xanthan gum asb)
2 ¼ t xanthan gum
5 ml sout
¼ t kremetart
15 ml tot 30 ml (1-2 e) heuning (of laat eenvoudig net uit)
5 g kitsgis (halwe pakkie in SA)
1 ½ k kamertemperatuur melk of klapper-, soya-, amandel- oat milk
4 e botter, gesmelt of vegan botter
1 t appel asyn
2 eierwitte of https://annelienpienaar.co.za/2020/11/03/eiers-gewig-omskakelings-uitruilings-en-alternatiewe/
Smeer ‘n pannetjie met pansmeer en hou eenkant.
Sif al die droë bestanddele saam in ‘n mengbak. Meng dan goed deur vir al die bestanddele om eweredig te versprei.
Voeg die vloeistowwe saam, klits goed deur om te meng. Meng dit by die meel en meng dan vir 5 minute met die k-haak van ‘n staan menger of met ‘n houtlepel totdat die bestanddele bymekaar kom.
Skep in die gesmeerde pannetjie. Die deeg moet twee vingers onder die boonste rand vol wees. Bedek met lappie en laat die pan vol rys tot twee vingers bo die rand. Dit mag enige iets van 45 minute tot 2 ure neem, alles hang af van die klimaat. Winter neem langer, somer vinniger.
Bak die brood by 170 C vir ongeveer 65 minute of totdat die brood hoog uit gerys is en van die kante van die pan los trek.
Hierdie brood vries ook goed. Sny vooraf in snye om dan net uit te haal en te gebruik soos nodig.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar vir Glutenfreebaking classes 2018
Hoeveelheid: 1 half loafie!
Annelien as ek mag vra: is dit die brood waarvan jy melding gemaak het in die hospitaal wat vir Nadia sal help? Ek wou nie vroeër vra daarvoor nie, want jy moes eers volkome herstel en rustiger raak. Dit weet ons, sal egter nie maklik gebeur nie. 😀. Ek kan seker die melk vervang met amandel- of rysmelk?
Lynette,
Korrek dit is die broodjie.
Groete
Annelien