Kaas en Uie pasteitjies is ‘n wenner by enige geleentheid asook in kosblikke en om te verkoop! Om hierdie pasteitjies te kan maak het ek ‘n heerlike veelsydige basis geskep vir jou om mee te speel.
2 Variasies op die Kaas en Uie Pasteitjie
Opsie 1
Jy kan Ham en Kaas tertjies maak, Kaas, uie en suikermielies en vele van die ander kombinasies soos voorgeskryf. Hoop jy is al so aangespoor soos ek om hierdie resep te probeer.
- 250 g spek vleis in blokkies gesny en gaar gebraai tot lig gaar, nie bros OF
- 250 g ham in blokkies van 5 mm x 5 mm gesny
Dik witsous Kaas en Uie Pasteitjie
- 125 g bakkers margarien (80%) vetinhoud of botter
- 160 g koekmeel
- 1 liter melk, vooraf verhit tot onder kookpunt in die mikrogolfoond
- 150 g kaas, gerasper
Metode vir die Dik witsous vir Kaas en Uie Pasteitjie
- Smelt die margarien oor matige hitte. Sodra dit gesmelt is, roer die koekmeel by met ‘n draad klitser.
- Voeg dan helfte van die melk by en klits baie goed totdat glad en voeg die res van die melk by. Kook tot dik en gaar vir 5 minute ongeveer.
- Voeg die kaas by en klits weer tot glad. Keer die witsous uit in ‘n mengbak en laat effens afkoel (as jy jou vinger in die middel van die mengsel druk moet jou vinger nie brand. Jy kan die afkoel bespoedig deur die bak in koel water te sit en dan te roer. OF, druk ‘n stukkie gesmeerde kleef plastiek op die oppervlak om ‘n vel te voorkom.
Opsie 2
Vulsel vir Kaas en Uie Pasteitjie
- 450 g ui, in blokkies gesny
- 3 large eiers (Eier alternatiewe)
- 5 ml sout
- 5 ml witpeper, fyn
- 15 ml origanum, gedroog
- 2.5 ml neutmuskaat
- 2.5 ml gerookte paprika
- 45 ml mayonnaise of roomkaas (opsioneel)
- 30 ml mielieblom
Metode vir die vulsel van die Kaas en Uie Pasteitjies
- Braai die uie met ‘n knippie sout in olie tot glansend, nie bruin.
- Berei die bogenoemde bestanddele en laat goed afkoel.
- Meng al hierdie bestanddele saam en meng met die afgekoelde spek en uie.
- Roer die Spek mengsel by die witsous en meng goed deur. Laat goed goed afkoel en hou in die yskas om goed te set en dan kan ‘n spuitsak met hierdie vulsel gevul en dan in tertjies of pasteitjies gespuit word.
Wenk: Suikermielie-Twist: Jy kan 1 tot 2 k se suikermielie pitte byvoeg vir ‘n heerlike kombinasie. Onthou ook jy kan ham uit laat en net die kaas en uie weergawe doen…of net die uie en die suikermielies…jy kry die idee. Hierdie is ‘n heerlike veelsydige resep om mee te Twist! Hierdie vulsel werk ook heerlik om in die oond as ‘n Souttert gebak te word! Jy kan die vulsel in broodbolletjies gebruik vir ‘n verassing in ‘n pakkie by sop aande. Die lekkerste deeg wat ek vir hierdie kan voorstel is die volgende twee resepte want die soet van die deeg komplimenteer die sout van die kaas en uie (gerookte ham) baie goed!
Sagte brood rolletjies
Melkbrood
Pastei kors resepte wat mag werk:
Skilferkors
Blaardeeg
WArm water pastei deeg
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2000
Hoeveelheid: lewer 1.3 liter se vulsel