Hoe aangenaam verras was ek nie met die eet van groente “biltong” wat eintlik maar ‘n gepekelde en gedroogde groente is. Jare gelede het ek vir ‘n opdrag aan studente hierdie resep ontwikkel en die koeël is deur die kerk en tot vandag maak ek nog hierdie resep. Deur die jare het ek begin speel met geure en smake totdat ek op hierdie een besluit het wat vir my amper soos die ware Jakob proe. Nou, die grootste kopseer was die prosessering van die produk as die bestanddele self. Eers het ek die sampioene droog gesout en later gebrine en toe gedroog. Nee, dit was een aaklike droë en wurgende massa. So het ek begin eksperimenteer met metodes wat die groente nie sal laat opbreek en die vesel tekstuur kan behou om vir ons n voorkoms van vleis te gee asook tekstuur.

Vir ons vegetariers het ek al ‘n rits inligting publiseer oor die nutrient waardes van sampioene en sampioene het ʼn redelike protein inhoud en bevat ook ʼn paar minerale vitamienes wat nodig is vir die liggaam se onderhouding as jy ʼn Vegetarier is of Vegaan.

Uittreksel van Mushrooms op my Instagram rekening:
“Mushrooms are very versatile and having these nutrient dense foods, Low in calories and fat and cholesterol-free, mushrooms contain a modest amount of fiber and over a dozen minerals and vitamins, including copper, potassium, magnesium, zinc and a number of B vitamins such as folate. Mushrooms are also high in antioxidants like selenium and glutathione, or GSH, substances believed to protect cells from damage and reduce chronic disease and inflammation.

Macro nutrients for mushrooms on average per 100g:
3.9 g protein
3.5 g carbs
0.3 g fat

.A single Portabella mushroom can contain more potassium than a banana.
.Mushrooms are made up of around 90% water.
.The mushroom is used in many cuisines throughout the world and it is known as the “meat” of the vegetable world.”

Stap 1
2 kg groot bruin of portebello sampioene of oyster sampioene

Vee die sampioene met ‘n droe lappie af. Plaas in oond of dehydrator by 60 C vir 10-12 ure of totdat die sampioen droog maar buigbaar is soos leer sonder om klewerig en nat te voel.

Stap 2
1 k sonneblom of olyf olie
¼ k soya sous of woestersous
2 e sagte bruinsuiker
2 e water
1 t medium growwe sout
1 t uie poeier
1 t knoffel poeier
1 e appel asyn of enige soort asyn
1 t gerookte paprika
1 t fyn koljander
¼ t nutmeg

Meng hierdie bestanddele saam en hou eenkant in ‘n diep genoeg kastrol om die gedroogde sampioene in te kook.

Sny die sampioene in vier lang repe vir portebello of bruin sampioene. Vir oyster sampioene, skat met die oog om ongeveer 2 cm stukke te kan sny.

Plaas die gesnyde, gedroogde sampioene in die kastrol, roer en bedek die sampioene met die mengsel. Laat vir 10 min staan en roer so 2 maal om goed te bedek.

Voeg net genoeg water by die sampioene om dit effens te bedek. Bring tot kookpunt en kook vir 30 minute met ‘n deksel. Hou jou oop op die kastrol want die vog kook baie gou weg. Vul vog aan met WARM kokende ketel water. Koue water sal die velsels taai maak.

Stap 3

Verwyder die kastrol van die plaat en laat die mengsel goed afkoel voordat jy dit dreineer. Sodra die sampioene afgekoel het, dreineer die vog en vries dit om met bredies te gebruik. Pak die repies van die sampioene op ‘n droog rakkie en droog dan weer by 60C vir 4-5 ure. Hier is die ding, ek droog dit soos vir egte biltong. Ek hou van my biltong effens nat en taai, nie kurk droog nie. Hierdie is dus iets wat jy self sal moet besluit hoe lank jy gaan droog.

Wenk vir oond droog: maak seker jy hou die oond deur op ‘n skrefie oop vir vog om te ontsnap want dan droog jy vinniger en spaar so elektrisiteit.

Stoor die produk in ‘n lugdigte houer in die yskas verkieslik vir 2 maade. Op die rak in verkoelder vertrek indien jy verkies om te verkoop…4 weke maks. Maak hier seker jy droog redelik droog want die produk kan dalk muf.

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar, 2003, Dehydrator food, Reconstituted foods Food Prep level 5
Hoeveelheid: ongeveer 6 porsies. Bedienings voorstel is 50 g per dag.