Annelien: “Ek stabiliseer altyd my karamel. Onthou baie mooi dat suiker higroskopies is, dit beteken dat suiker alle moontlike vog wat in die lug is na homself aantrek om op te los. Dus al is dit in ‘n dik massa sal dit verseker loperig raak en souserig word. Ek is baie lief vir die gebruik van gelatien as ‘n natuurlike stabiliseerder. Dus vir room dieselfde stabilisering met verskillende dosserings.
1 t gelatien opgelos in kookwater en dan by caramel treat geroer en laat effe afkoel voor jy spuit.
1 t gelatien opgelos in kookwater meng dan by 100 ml warm room wat net tot onder kookpunt verhit is.
Klits die koue room tot amper styf en voeg dan die room-gelatien mengsel by in ‘n dun straaltjie by terwyl dit warm is. Bly klits tot konsistensie van keuse. Spuit dadelik.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2018
Goeie More @Annelien. Sou die stabilisering van die karamel ook werk met selfde hoeveelheid gelatien soos bo as mens Whisky by die karamel wil voeg? Gewonder of dit `n impak op die gelatien se werking sal he?
Noelle, brandewyn bevat nie baie suur nie en dus sal dit nie die gelatien onstabiel maak nie, dit sal dus nie pla as jy ‘n skeutjie byvoeg. Dit karamel sal stabiel bly. Groete Annelien
Wanneer word die karamel bygevoeg?
Hallo Elsa lees asb weer deur die resep dit word mooi uiteengesit. Groete Annelien