My “go-to” resep as ek moet koeke versier en my tyd is min en in Afrika is dit warm..so ek kan nie sukkel met ‘n versiersel wat gaan smelt. Hierdie heerlike versiersel kan ook in die plek van ‘n Italiaanse meringue gebruik word of Swiss meringue vir ‘n Suurlemoen vla tert, Lemon meringue en dan met ‘n gasvlammetjie verbruin word. Dit spuit baie mooi vorms ook vir koekveriersings soos vir drie dimensionele werk. Die maak van sweetie pies is ook wonderlik en mens kan net eenvoudig nie genoeg van hierdie kry. Soms in die winter is ek ekstra stout met ‘n tuisgemaakte beremengsel Cuppachino in a mug en skep so twee lepels vol bo-op die stomende koppie. Loer ook na die Suurlemoen meringue tert p.121 en vervang die meringue met hierdie lekker happie Of die Warm sjokolade op p.212 in die Boerekos met ‘n Twist die kookboek.
Probeer hierdie resepte ook:
Karamel sjokolade flan soos op die foto gesien
300 g (1 ½ k) wit suiker of strooi suiker (nota oor wit suiker: dit gaan langer neem om op te los. Wees geduldig met die klits proses)
20 g Acti-White / Meringue poeier (hierdie poeier word by 65C gedroog en is dus gepasteuriseer en veilig) Te koop by alle bakkerswinkels soos Pack ‘n Spice, Bakersbin, CAB foods ens.
250 ml/gr kraan water
5ml geursel na keuse asook kleursel drups gewys
Giet water in mengbak en sprinkel die acti-white poeier oor. Laat vir 5 minute om te hidreer en roer met ‘n vurk deur. Sprinkel dan die suiker oor en roer tot die suiker deur. Laat weer so 5 min staan sodat die suiker kan begin oplos.
Met jou elektriese menger gaan ons nou die laaste stappie voltooi. Klits met die ballon klitser / draadklisers van jou menger vir 10-15 minute teen medium spoed totdat al die suiker op gelos het en die mengsel glansend is. Vryf van tyd tot tyd die mengsel tussen jou vinger punte en voel of die suiker op gelos het. Vir Kenwood klits op nommer 3 en vir Kitchen aid klits nommer 4 en vir hand mengers net tot op die halfpad merk. Hierdie is my basis en geur soos ek verkies wanneer ek uit haal om te gebruik. Maar jy kan die hele mengsel wel op een slag geur.
Plaas die mengsel in ‘n plastiek sak en druk die lug uit. Stoor dan in ‘n lugdigte houer vir 3 maande.
Bron: www.annelienpienaar.co.za Annelien Pienaar, 2015
Hoeveelheid: 1 liter volume genoeg vir 1 koek of 24 klein sweetie pies of 2 groot Suurlemoen vla terte.
Is daar iets wat mens in die plek van acti white poeier kan gebruik??
Actiwhite is gedroogde eierwitte, dan moet jy eerder eierwitte gebruik…ek sal moet die resep vir jou oorskyf dan. Hou die spasie dop. Groete Annelien