Driebone slaai is ‘n gewilde slaai onder die Suid-Afrikaanse gemeenskap. Ek maak ‘n variasie op die standaard slaai deur in die sous uie en knoffel in te werk en soms as ek ‘n spesefieke boontjie in die blikkie nie kan kry, wel, dan gebruik ek vars groenboontjies of suikerertjies. ‘n Heerlike slaai wat lank in die yskas hou. Ek is ook lief om ‘n Mediterreense kinkel aan die resep te gee met die byvoeging van Gepekelde Suurlemoen skil en vars kruie, feta, spek, ham, salami, hoender en olywe. Hier kan jy sommer alles wat heerlik en beskikbaar is in jou yskas byvoeg. Dit word dan sommer ‘n volledige maaltyd!
1 x 410 g-blik botterbone, gedreineer en afgespoel
1 x 410 g-blik kekerertjies, gedreineer en afgespoel
1 x 410 g-blik nierbone, gedreineer en afgespoel
Basiese soetsuur sous
375 ml (1 ½ k) appel, witwyn- of druiweasyn
100 ml balsamiese asyn
350 g (1 ½ k) treacle suiker (sagte bruinsuiker)
2 ml ( ½ t) borrie
10 ml (2 t) droë dille of tiemie
15 ml (1 e) mosterdsaadjies
20 ml (4 t) mielieblom aangemaak met bietjie water
Verhit al die bestanddele saam tot kookpunt en roer deeglik met draadklitser. Sodra by kookpunt kook vir 5 minute by vinnige hitte sodat die stysel kan verdik.
Variasie vir sous
Roerbraai 1 medium ui en handvol groen bone met ‘n bietjie olie tot glansend. Voeg hierby ‘n knippie sout en ‘n knippie suiker as jy braai. (halveer ui in dwarste en sny in ringe van keuse tov dikte).
Sodra die ui glansend is voeg by 1 t knoffel fyn gedruk en so ‘n kwart koppie sesam saad en braai vir ‘n minuut. Voeg dan die Basiese soetsuur sous by en kook soos voorgeskryf.
Hierdie sous kan in die koelkas gehou word vir maande en die sous kan met sukses vir ander slaaie soos pasta en rys slaai gebruik word en vele meer.
Sous alternatief Soet suur eier slaaisous
Bron: www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: Sous 500 ml