Die heerlikste geure word opgetower met hierdie Saffraan hoender gereg. Die bestanddele is eenvoudige items en kan met ‘n verskeidenheid gaarmaak metodes berei word. Indien jy gelukkig genoeg is om ‘n Tagine kastrol in jou kas te hê dan gaan dit ‘n bonus wees. As jy lief is vir potjiekos kan hierdie resep ook so berei word of in ‘n bredie gietyster platboom pot. Verder kan die Prutpot (Slowcooker) ingespan word.

2 medium uie, in ringe gesny
250 g knopie sampioene, gesnipper
60 ml (4 e) olyf olie
5 saffraan drade
1 aftreksel blokkie opgelos
250 ml kook water
6 hoender borsies, in blokkies gesny
15 ml (1e) fenegriek *
5 ml borrie, fyn
5 ml matige kerrie poeier
5 ml fyn komyn
250 g patty pans
20 olywe
250 g brusselse spruite
250 ml ertjies

Voeg die saffraan drade en aftreksel blokkie in die koppie kokende water. Laat staan eenkant vir geure om te ontwikkel asook kleur van saffraan.

Braai uie met olyfolie tot glansend en voeg die hoender blokkies by en roer braai effens. Voeg die sampioene by en roerbraai totdat die sampioene se vog uit gekook het.

Voeg aftreksel by en kook vir 15 minute met deksel totdat hoender begin sag word. Voeg die res van die kruie en speserye by en roer goed deur.

Pak dan die groente in lagies in die pot en bedek weer vir 15 minute.

Maak die sous aan en giet oor en kook vir 5 minute. Rus 10 minute voor bediening.

Sous
250 ml klapper room / melk / gewone room
Sout en peper na smaak
¼ k appelkoos konfyt
60 ml suurlemoensap
1 e gerasperde suurlemoenskil
2 e fyn knoffel

*Fenugreek kan by Natures Choice aangeskaf word of enige spesery winkel anders vervang met ‘n goeie masala uit my Boerekos met ‘n Twist kookboek. Loer gerus na my webtuiste www.annelienpienaar.co.za vir ‘n volledige artikel oor ‘n wye verskeidenheid kruie en speserye asook die gebruike en toepassings daarvan.

Gegeurde rys
Ek gebruik gewone rys, bruin rys of lang graan rys vir hierdie resep. Die rys is geurig en heerlik. Die rys kan ook net so geniet word of as ‘n bykos by ‘n uitgebreide spyskaart.

Resep
500ml (2k) Rys korrels
1.5liter (6k) Water
½ Groente Afteksel blokkie
45ml (3e) Olyf olie
45ml (3e) Botter
4 Spriet ui stingels, grof gesny
15ml (1e) Knoffel, fyn
2 Chillies, dun ringetjies, pitte verwyder, (kan met paprika or soetrissie vervang word)
45ml (3e) Parmasaan kaas, gerasper
Sout en peper na smaak

Metode:
1. Spoel die rys goed voordat dit gekook word om ekstra stysel te verwyder. Ons wil rys kook wat nie klewerig is nie, maar los. Kook rys vir 15 minute in gewone water, spoel met warm water en kook weer 10 minute en spoel weer met warm water. Vul nou water aan en voeg die aftreksel blokkie by. Kook die rys tot gaar en spoel weer goed, dreineer en hou eenkant.
2. Verhit ‘n pan en gooi die botter en olie saam in pan. Braai nou die rys vir 5-10 minute. Voeg die res van die bestanddele by en braai vir ‘n verdere 5 minute. Bedien warm.

Bron: www.annelienpienaar.co.za 2019

Porsies :4-6