‘n Heerlike en baie eenvoudige voorgereg om te brei en na die tyd…gaste wat sal smeek vir die resep! Ek gebruik klein jong. gaar beetjies en spoel dan in suurlemoen water af sodat dit langer in die yskas kan hou. As jy dit nie doen sal die beet gou afgaan. Die gereg bestaan verder uit roomkaas wat gemeng word met fyn gekapte cranberries en dan in ‘n rolletjie gerol en gestol. Die sousie is waar die kruks van die saak draai…’n balsamiese asyn reduksie gegeur met Whisky en ‘n sprinkeltjie Dukkah daarby. Kom ons begin.

5 e x Dukkah

Roomkaas skyfies
600 g room kaas
½ k rooibosbessies (cranberry) geweek in 1 k kook water vir 1 uur
5 e fyn gekapte pimper neuter (pistasio) of enige ander neut

Meng alles saam en skep in kleef plastiek en rol op in stywe wors of gebruik waspapier en vorm die wors met ‘n deursnit van 5 cm. Verkoel vir 2 ure. Rol dit daarna in kruie van keuse en sny in 2 cm skywe en plaas in die middel van ‘n bord.

Balsamiese asyn reduksie met Brandewyn
750 ml Balsamiese asyn
½ k Treacle suiker of muscavado
½ k heuning
3 e geskroeide koljander saad
¼ t sout
Knippie swart peper

Plaas al die bestanddel behalwe Whisky/Brandewyn in ‘n kastrol. Neem ‘n sostatie stokkie en druk regop in die mengsel…meet hoe diep die vloeistof is…kook die mengsel totdat dit halfpad weg gekook het deur na die stokkie se vlak te kyk. Oppas om te lank te kook want die mengsel kan ‘n stroop word. As dit gebeur as die mengsel af koel en dit is te dik…voeg bietjie balsamiese asyn by om weer loperig te kry soos heuning.

Roer dan 4 e Whisky/Brandewyn by of na smaak…bottel en bere lugdig vir 12 maande. Hierdie lewer ongeveer 350 ml asyn.

Hierdie asyn is ‘n ongelooflike geskenk aan ‘n gasheer en gasvrou.

Plaas skywe beet op die maaskaas wiele. Sprinkel met dukkah en rond af met 1 e balsamiese asyn.

Hoeveelheid: 12 porsies
Bron: Annelien Pienaar, Kersfees 2018