Ek dink almal van ons sit met die hande in die hare as dit by die onderwerp van vakansie kom. Wat maak mens met die kinders wat alewig knaag siekte kry? My vrieskas, yskas en blikke word gevul sodat hulle net kan uithaal en geniet. Ek het deur die Boerekos met ‘n Twist kookboek geblaai en ook deur die webtuiste gewerk en vir jul paar idees bymekaar gemaak om die lewe effe makliker te maak. Ek is ‘n werkende mamma en moet lank vooruit beplan vir tye wat ek nie tuis is en die Filistyne self moet sorg. Hierdie artikel sal elke maand hersien word en kom loer maar gereeld in om te sien wat alles bygevoeg is.

Vir die Vrieskas
1. Bobotie happies p. 75. Voer kolwyntjie pannetjies uit met filodeeg lagies wat met gesmelte botter gesmeer is. Skep vulsel in en giet vla laag oor. Vries in pannetjies. Wanneer dit benodig word, plaas gevries in die oond en bak dan vir 45 minute by 180C. My 13 jarige is heel bedrewe en bak sommer self.

2. Schnitzel op p.74. Maak hierdie resep in repies en plaas in vreiskas en gebruik soos nodig. Kan gediepvet braai of net oong gebak of airfry word.

3. Meraai se groente koekies kan op twee maniere berei word. Die beslag kan aangemaak en gevries word of die koekies kan reeds vooraf gebak en dan gevries word.

4. Engie van die sponskoek resepte in die BKT kookboek en webtuiste kan gevries word nadat dit gebak en goed afgekoel is.

5. Koeksisters p.114

6. Kaaskoek p. 120 vries soos ‘n droom! Voeg die jellie laag eers oor sodra die koek uit die vrieskas kom…moenie met die jellie laag vries nie.

7. Al die muffins in die BKT boek p. 125-128 kan gevries word met groot sukses.

8. Engelse muffins en naanbroodjies vries soos ‘n droom. p. 134 en 135. Ek sny die muffins in die helfte en om dit vinnig te ontdooi sit ek dit in die toaster en voila.

9. Om voor te kom met beskuit bak en droog…bak ek berge beskuit en vries dan die ongedroogde beskuit in lae op mekaar. Soos die blikke leeg raak, haal ek uit en droog. Dit is al hoe ek voor bly met beskuit voorraad. Staan een hele dag lank en beskuit bak…vries en droog soos nodig. Skakels na webtuiste resepte: https://annelienpienaar.co.za/category/kitsbeskuit/

10. Alle soutterte en quiches van die boek en ook die webtuiste vries met groot sukses, gebak of in beslag ongebak. Onthou as jy die quiches ook parbake (halfpad gaar bak) jy dit ook so kan vries en dan net die laaste paar minute deur gaar en bruin bak.

11. Berei die plaatkoekie mengsel voor vir al die droe bestanddele en vries..haal uit voeg vog by en gebruik.  https://annelienpienaar.co.za/2017/10/13/plaatkoekies/

Vir die yskas:
1. Ma se koringslaai p.62 hou vir 7 dae baie goed in die yskas. Daar kan bygevoeg word tuna of hoender stukkies om ‘n volledige maal te maak.2. Aartappelslaai met soetmosterd p.63 hou ook 7 dae in die yskas.

Klein koekies
Onthou dat alle klein koekies perfek vries!
p.148 Dadelblokkies
p. 151 Kaneel en Pekan droompies
p. 153 Sinkplaat pad fudge (my dood natuurlik)

Webtuiste koekies
https://annelienpienaar.co.za/category/koekies/

Lekkergoed
https://annelienpienaar.co.za/category/lekkergoed/