BKT Klets-Kombuis 1 Junie 2018

BKT Klets-Kombuis 1 Junie 2018

Hallo Twister,

Hierdie week se ure was veels te min gewees om my draaie te kry om al my werk te doen. Wel, ek vang stadig maar seker op. Die aanlyn winkel het ‘n hik of twee gekry. Ek het vergeet om vir die webontwerper te vra om die koerierdiens en hul fooie aan te pas. Ek het wonderlike pryse gekry en kan nou die prys vir verspreiding reg deur SA een prys maak. Dus, goeie nuus vir julle. Die aanlyn winkel se items se doel is om vir julle toegang te gee tot goedjies wat ek in my eie kombuis gebruik. Die pryse is billik en die items prakties. Ek gaan nie die winkel toe gooi met onnodige produkte wat nie sin maak.

Hierdie week wat kom is ‘n week van baie bid om elke dag se verpligtinge suksesvol te voltooi. Ek vertrek na Bloemfontein Maandag oggend vir ‘n kook demonstrasie vir die Fynproewers gilde daar. Die kos bereidings begin in alle erns Dinsdag oggend vir die aand se kuier met die lede. Dan vertrek ek vroeg Woensdag oggend terug Skeerpoort toe. Donderdag skep ek bietjie asem en Vrydag oggend is dit ek en die gevreesde opersasie wat al 5 jaar uitgestel word. Ek vra byvoorbaat om geduldig te wees. Sandra gaan tot Maandag die 11de Junie alleen die blad beman. Ek behoort Dinsdag ontslaan te word. Daarna is dit 6 weke herstel en het myself belowe om beter na my gesondheid te kyk…want die laaste paar maande het my gesondheid onder die werkslas begin swaar kry.

Ek vra asb weer, MOENIE vir ons messenger boodskappe stuur nie asb. Ons gaan voortaan hierdie boodskappe ignoreer.

Onthou om Maandag aand saam te kyk na nog ‘n aflewering van BKT op VIA TV. Gretha Pers kom kuier en ons maak ‘n Bessie Pavlova en kyk na alle aspekte om suksesvol meringues te maak. Sy is ‘n baie lewendige en stoute karakter en glo vir my…dit was ‘n fees met haar op die stel. Hierdie resep sal Maandag aand op die BKT webtuiste beskikbaar wees.

Dan het ek bietjie in die argiewe gaan rond delf vir resepte wat ek wil afstof en vir my persoonlik goud werd is. Ek het weereens besef na vandag se Kaasmaak klas dat ons regtig gesonder kan leef deur self ons eie joghurt te maak sonder nare preserveermiddels, bruismeel, Bakpoeier ens.

Brandewyn poeding

Bruismeel maak jou eie

Luukse warm sjokolade

Florentyntjies

Resepte van Episode 9, Boerekos met ‘n Twist, Seisoen 1

BKT groete

Annelien

2018-06-02T18:30:10+00:000 Comments

Leave A Comment