Aartappel pasteideeg met Lamsvleisvulsel en Knoffelroom sous

Aartappel pasteideeg met Lamsvleisvulsel en Knoffelroom sous

Tydens die produksie van die Boerekos met ‘n Twist kook reeks het ons in program 8 paar idees gegee oor hoe om handpasteitjies en ook groot pasteie te bak.

Riglyne vir suksesvolle pasteideeg:
Vir my is dit baie belangrik om altyd koud te werk met die bestanddele sodat die eindproduk bros en deurgebak is. Om te verseker ‘n groot kors wat blind gebak moet word en suksesvol aan die onderkant gaar gebak is…is die houer waarin jy bak baie belanrik. Gebruik ‘n glas of keramiek bak want dit verseker ‘n kors wat aan die onderkant van die bak goed deurgaar is. Dit sal inteendeel baie, baie meer bros wees as ‘n pastei gebak in metaal. Ek het gevind dat die Mason Cash reeks beskikbaar byl: The Orejen Shop 

Vulsel
1 lamsblad
30 ml (2 e) fyngekapte knoffel
125 ml (½ k) olyfolie
4 vars takkies roosmaryn, gekap
sout en peper na smaak
4 mediumgroot aartappels
2 mediumgroot wortels
60 ml (4 e) botter
60 ml (4 e) koekmeel
250 ml (1 k) groenteaftreksel

Kors
280 g (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
230 g (1 k) botter
1 kg afgekoelde fyn aartappels
1 groot eier

Voorverhit die oond tot 160 ℃. Vryf die lamsblad in met die knoffel, olyfolie en roosmaryn. Geur ook met sout en peper. Plaas die blad in ’n kasserol, sit die deksel op en rooster vir 4 uur totdat die vleis van die been loskom.

Stroop al die vleis van die been af en skep dit in ’n kastrol.

Voeg die aartappels en wortels by en kook alles saam in die pansous en een koppie water totdat die groente sag is.

Maak die sous aan deur die botter te smelt en die koekmeel by te voeg. Braai vir ’n minuut en voeg die aftreksel by. Kook tot verdik en voeg dit by die vleis. Roer goed deur en laat die mengsel afkoel.

Berei die deeg: Voorverhit die oond tot 180 ℃. Berei ’n pasteibak van 19 cm x 25 cm voor met kleefwerende afwerking. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Plaas die meel en botter in ’n voedselverwerker en pols totdat dit soos broodkrummels lyk.

Voeg die res van die bestanddele by en meng totdat die deeg saamkom en ’n bal vorm. Voel aan die deeg – indien dit hard voel, kan jy so ’n eetlepel of twee melk byvoeg.

Die deeg kan nou dadelik gebruik word. Rol die deeg 3 mm dik uit in ’n reghoek. Rol deeg oor ’n rolstok en laat glip dit versigtig in ’n pasteibak. Sny enige oortollige deeg af en hou dit vir die bokant. Bak die kors blind vir 10 minute en verwyder die bone; bak dan nog 5 minute.

Skep die verkoelde vleisvulsel in die deeg, rol die behoue deeg weer in ’n reghoek en bedek die vulsel. Sny die kante netjies, maak patroontjies op die deeg en maak ’n gaatjie in die middel waardeur die stoom kan ontsnap. Bak vir 45 minute by 180 ℃.

Ouman Hantie se Knoffelroom sous p. 24

Pansmeer p.12

Bron: Annelien Pienaar, vir Boerekos met ‘n Twist TV reeks, Seisoen 1: episode 8

2018-06-05T18:22:47+00:000 Comments

Leave A Comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.