As jy soos ek op ‘n plaas woon en die naaste winkel is 20 km weg dan is hierdie die beste plan ooit. Sedert my Ma hierdie resep vir my gegee het as student, het ek nog nooit weer bruismeel gekoop nie. Ek is nie ‘n voorstander om bakpoeier te gebruik nie omdat bakpoeier alluminium bevat wat as buffermiddel dien tussen die koeksoda en suur omdat dit nadelig vir jou gesondheid is…alzheimers. Kom ons kyk na twee opsies om bruismeel in ‘n resep te vervang.

Opsie 1
500 g koekmeel
10ml (2 t) koeksoda
20 ml (4 t) kremetart

Sif die mengsel 4 keer saam om die bestanddele eweredig te versprei.

Opsie 2
5 ml (1 t) bakpoeier per 140 g (250 ml / 1 k) koekmeel.

Vir Bran Rich Selfraising flour
420 g (3 k) koekmeel
1 k bran (semels)
10ml koeksoda
20 ml kremetart

of alternatiewe rysmiddel volg asb opsie 2

Sif die mengsel 4 keer saam om die bestanddele eweredig te versprei
BRON: Annelien Pienaar, 2003, Bakkersklas 101