Hierdie resep het so ‘n kinkel van sy eie by. Geskik vir glutenvrye diete ook. Hoe kom ek daarby uit? Vervang die pasta met rysnoedels en die koekmeel met die glutenvrye meel resep op die webtuiste Glutenvrye meel: Maak jou eie! . Voila, twee vlieë met een klap.
400 g gekookte gaar fyn spaghetti of enige ander soort pasta van keuse
60 g botter
60 g koekmeel
500 ml volroom melk, reeds verhit na warm…maar nie kokend
250 ml room
5 ml vars fyn knoffel
250 ml pecorino of parmesan kaas, gerasper
250 ml cheddar kaas, gerasper
1 k Songedroogde Tamaties
2 eiers
Voor verhit oond na 180 ℃ en smeer 12 kolwyntjie gaatjies met Pansmeer p.12 Boerekos met ‘n Twist kookboek
In ‘n medium grootte kastrol smelt die botter en voeg koekmeel by en roer met ‘n draadklitser. Voeg die melk by en klits met draadklitser (whisk) sodat al die klontjies fyn raak en die mengsel nie aanbrand. Hou aan roer liggies totdat die mengsel na 5 verdik het en begin kook.
Haal van hitte af en skep in mengbak. Voeg die knoffel, cheddarkaas, room, tamaties sout en peper by. Roer deeglik deur en laaste die pasta en eier by.
Skep in kolwyntjie pannetjies en vul eweredig. Sprinkel amandelmeel of broodkrummels bo-op die kolwyntjies. Volg dan op deur die harde kaas soos pecorino of parmesan oor te strooi en bak vir 35 minute.
Haal uit oond en rus 10 minute voordat jy uitskep.
Bedien met ‘n heerlike Soetrissie sous p.200 of Ouma Hantie se knoffelroom p.24 Boerekos met ‘n Twist kookboek
Bron: Annelien Pienaar, 2018 vir Glutenvry
Hoeveelheid: 6 porsies