BKT Klets-kombuis week 10

BKT Klets-kombuis week 10

Hallo liewe Twister.

Ek was uit my skoene gesëen met die opkoms en bywoning van die US Woordfees met die Boerekos met ‘n Twist kook demonstrasie. Dit was ‘n vol saal en die lesers het heerlik deelgeneem en na die tyd kom gesêls. Aan die Kaapse Twisters, dit was wonderlik om julle te ontmoet. Ek kom weer kuier hierdie jaar. Hou maar net die Events deel op die webtuiste dop vir inligting teen Junie/Julie 2018. Volgende saterdag is ek in Bothaville om die gastehuise daar te help met idees en ‘n demonstrasie vir gebak vir die ontbyt tafel.  Al hierdie met die oog op NAMPU in Mei. Daarna gaan ek 19 Mei in Potchefstroom kuier saam met ‘n vriendin van my en ons praat oor Breinkos vir beter konsentrasie en ook essensiele olies. Mari-Louise het haar Meestersgraad aan die Noordwes Universiteit behaal en gespesialiseer in Essensiele olies. Pragtige mensie en op haar brose ouderdom reeds weduwee. Haar man aan breinkanker verloor nadat hulle maar twee jaar getroud was. Sy het egter ook baie geleer oor pynbeheer en essensiele olies. Ek sal volgende week vir julle die skakel laai na die praatjie indien jy wil kom luister.

Vir die Engelse lesers is daar wonderlike nuus, die BKT kookboek is Junie 2018 op die rakke vir julle beskikbaar en dit sal ook op Amazon verkrygbaar wees. Veral met die oog op die internasionale lesers. Dit gaan die smokkelary van boeke soveel makliker maak en die omkoop geld minder…(sê ek met ‘n glinster in die oog)! Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.

Daar is tans soveel ysters in die vuur vir BKT se voortbestaan en bewusmaking waarvoor dit staan. BKT is daar om jou die leser meer te leer oor voedsel en voeding. As Voedsel Wetenskaplike is dit vir my belangrik om julle intelig oor die gevare van verwerkte voedsels en al die middels om dit langer te laat hou en lekkerder te laat proe. Begin met BKT self jou kos te beplan en vars so ver as moontlik te kook. Jy belê nie net so in jou gesondheid vir jou oudag, maar jou medikasie rekening gaan aansienlik krimp. Ek het verlede week paar artikels vir julle op die gratis deel gelaai oor hierdie onderwerpe en glo my…ek is passievol oor gesonde eetgewoontes. Hoor vir my mooi, ek is nie rietskraal nie, ek is ‘n uurglas lyf met al die ekstra minute op die regte plekke. So, ek is nie net passievol om mooi te lyk nie…maar goed te voel, gesond te wees en saam met my kinders nog die berg te kan uitklim en saam met die honde op ‘n drafstap te gaan.

Die nuwe lesers moet kennis neem van die  afdeling. Hier verduidelik ek hoe BoereKosTwist Faceboek werk en die webtuiste. Lees asb die deel. Ou lede ook. Maak asb seker dat as jy die Betaalde subskripsies doen, jy jou epos met valkoë sal dophou. Jy sal ‘n bevestigende epos kry met ‘n unieke password waarmee jy by die My Account deel van die webtuiste moet inteken. Daarna kan jy die snaakse password verander na iets wat jy kan onthou. Indien jy met jou subskripsie sukkel kontak my: Annelien by die volgende epos: boerekostwist@gmail.com. Meld asb jou #1234 ordernommer wat jy saam met jou subskripsie per epos  ontvang het. Dit sal die opvolgwerk vir my persoonlik baie makliker maak.

Loer gerus na die volgende skakels van nuwe resepte wat hierdie week gelaai is:
Suurkool Twist

Varknek rol: Maak jou eie kouevleis

Glutenvrye meel: Maak jou eie!

Maklike deeg vir bredies

Beste wense

Annelien Pienaar

 

2018-03-16T17:11:48+00:004 Comments

4 Comments

  1. Veronica March 17, 2018 at 11:18 am - Reply

    Dankie vir die oulike nuusbrief Annelien. Ek wil ook aansluit maar daar is ook nog ñ paar vrae wat ek wil vra en wil weet aangaande resepte op die webwerf. “Love” wat jy doen.

    • Annelien March 17, 2018 at 4:03 pm - Reply

      Die toegang tot die webtuiste gee jou eksklusiewe toegang tot die resepte. Hierdie resepte is net soos met my boek deur myself getoets en foto’s geneem. Die resepte kom met lesse om die Kombuis kopkrappers die hoof te bied. Sluit gerus by Boerekos met ‘n Twist op FB aan sodat jy my werk en werkswyse kan leer ken. Lees asb die About deel van die Boerekos met ‘n Twist groep. Alles word 100% daar uiteengesit. Groete Annelien

  2. Veronica March 20, 2018 at 9:18 am - Reply

    Dankie Annelien! Ek het toe aangesluit. Watter belewenis. Ek raai almal aan om dit te doen. As jy iemand nodig het om die webtuiste met resepte te bemark…ekke is die een🤣😂🤣. Mooi dag!

    • Annelien March 20, 2018 at 9:25 am - Reply

      Veronica, hartlik welkom en mag jy trots wees op jou Twisterskap…jy gaan nog heerlik saam kuier en Twist. Baie dankie en groete Annelien Pienaar

Leave A Comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.