Ons as gesin leef so ver moontlik sonder preserveer-, kleur- en geurmiddel vry. Met my laatlam Filistyntjie het ek tot ‘n skokkende ontdekking gekom hoe erg sy reageer tov laas genoemde middels. Selfs kouevleis vir toebroodjies wat mens op die winkelrakke kry is vol van hierdie euwels. Ek het ook gevind dat varknek aansienlik goedkoop is en vir my ontbeen dit baie maklik. Jy kan egter jouself baie tyd en moeite spaar en vars varknek by ‘n slagter koop en vra dat hul dit vir jou ontbeen vir die doel van kouevleis rolle maak. Ek is elke keer opgewonde om die eindproduk te sny…dit is net een stuk mooi vleis met goeie nutriente vir my gesin. Kom ons begin.
Rol
1.5 kg varknek rol, ontbeen
Katoen garing om die rol te bind
3 e gelatien poeier
1 t medium growwe sout
1 t peper
Plaas ‘n groot stuk kleefplastiek op die oppervlakte en plaas die vleis daarop. Vlek die rol oop en sprinkel die rol met sout en peper en vryf in. Sprinkel dan die gelatien oor die hele rol en veral los dele. Die rede vir die gebruik van die gelatien: Gelatien dien as bindmiddel en na verkoeling, die vleis netjies bymekaar te hou wanneer dit gesny word.
Rol die vleis baie styf op en trek dit goed saam in ‘n wors met die kleef plastiek. Plaas die vleis op ‘n bakplaat en sit die vleis in die vrieskas vir 2 ure om te set en meer hanteerbaar te maak.
Maak ongeveer 5 m katoen tou nat: rede: die tou gaan net makliker afhaal na die tyd. Droë tou is geneig om die vog uit die vark te trek en suig dan vas. Ek hou van ‘n perfekte rol as die toue los gesny word.
Sny die tou in ongeveer 40 cm repe en plaas dit dan op ‘n werksoppervlakte ongeveer 2 cm uit mekaar. Hou aan repe neersit sodat dit min of meer die lengte van die rol dek. Haal die vleis rol uit die vrieskas en plaas dan dwars oor die tou. (As dit nie sin maak…plaas dekbeeldig ‘n A4 papier dwars voor jou…die toutjies gaan dan vertikaal geplaas word op die papier. Die vleis word dan met die langkant horisontaal neergesit). Bind die toutjies styf vas.
Vryf die rol met die Invryf mengsel in en marineer oornag.
Volgende dag bak teen 170 ℃ vir 4 ure. Laat goed afkoel en draai in foelie styf toe. Plaas in yskas en laat die binne kant afkoel tot 4 ℃ vir langer as 10 ure. Haal na die verkoeling eers die toutjies af.
Sny die vleis in dunskyfies voor vir toebroodjies, slaaie ensomeer.
Invryf sout
1 t medium growwe sout
1 e woestersous
1 e bruinsuiker
1 e knoffel vlokkies, gedroog
1 e heuning
4 e olyfolie
4 e karringmelk of gewone yoghurt
1 e mosterdpoeier
1 e salie (sage) of as die smaak te sterk is vir jou roosmaryn in die plek van salie
Klik op rooi skakel vir Kondensmelk Mosterd
Bron: Annelie Pienaar, BoereKosTwist vleisverwerkingsklas, 2016
Hoeveelheid: 100 dun velletjies of genoeg om 6-8 porsies uit te kry.
Hi Annelien is daar dalk n manier hoe ons die respete waarvan ons hou kan download of save op ons account?
Hallo Mjacobs, jy kan die teks net copy en paste. Ongelukkig kan die webontwerper nog nie die funksionaliteit opgestel kry sonder om die site weer oop te maak. Ons het probeer met ‘n katestrofiese gevolg. Ek sal julle ophoogte hou as ons dit geaktiveer kan kry. Groete en dankie dat jy saam Twist. Annelien Pienaar.
Die gelatien om die spulletjie te bind was vir my n eye opener Dankie vir die wenk.Annelien Pienaar Jy verdien n veertjie in jou hoed
Tannie hierdie is ‘n baie ou praktyk wat gebruik word by ham maak proses. Baie bly tannie het dit leersaam gevind. Groete Annelien Pienaar.
Hallo Annelien. Ek neem aan hierdie infryfsout in die resep vir die varknekrol kan by enige vleis gebruik word soos skaap en beesvleis vir braai?
Hierdie sout is heerlik en kan op vele geregte, selfs as bros sout oor slaai en sout muffins gebruik word. Groete Annelien