
Ons het met “wiel neusie vleis“ (varkie) geleer om die heerlike mosterd te eet. Verder het ons eerder die mosterd as botter op ons toebies vir skool verkies, saam met hoender en oorskiet koue vleis. Die mengsel hou maande in die yskas. Jy kan 200 ml mayonnaise bysit vir ‘n ekstra romerigheid indien jy verkies. Maar ek geniet myne beide kante toe. Gooi dit in jou koolslaai en jy het ‘n wonderlike smaak.
397 g (1 blik) Kondensmelk
200 g (1 k) Wit suiker
50 ml – 110 ml Mosterdpoeier afhangend van hoe sterk jy die mosterd verkies, proe soos jy werk.
200 ml Wit asyn
Meng die kondensmelk, suiker en mosterdpoeier tot ‘n gladde pasta.
Voeg die mayonnaise (indien verkies) en asyn by en meng weer goed.
Bewaar dit in die yskas.
LEWER: Ongeveer 750 ml.
BRON: Annelien Pienaar. 2015
Ek maak myne sonder die suiker.
Hallo, dit kan mos ook werk, jy is wonderlik om dit te noem. Ek dink baie mense sal dit oorweeg om die soet minder te maak. Groete Annelien
hI aNNELIEN DALK LEES EK DIT MIS, HOEVEEL MAYONAISE?
doh, ek sien dit nou hahaha
seker omdat my mond so water dat ek so mis lees.
Vreeslik baie suiker! In die kondensmelk en dan nog eksta suiker… nie goed vir kinders sowel as grootmense nie.
Hallo Breggie, dankie vir jou boodskap. Ek het die resep so geskryf dat die suiker uitgelaat kan word. Dankie vir die opmerking en hoop jy Twist nog heerlik saam. BKT groete Annelien
Laat weet as jy nie reg kom nie. groete Annelien
Hallo Ronel, loer ek het die hoeveelheid in die teks gesit. Groete Annelien , PS:laat weet as jy nie reg kom nie
Ek verkies bruin asyn
Dit kan net lekker wees. Groete Annelien
Sal dit goed wees vir ‘n diabeet? Ek wonder……….My vrou sal botweg weier om die konkoksie vor my aan te maak 🙂
Ongelukkig kan jy nie jou lippe waag aan hierdie happie nie. Jou suiker sal so spyke, jou vrou dagvaar my dalk net. Sterkte en ek gaan plan maak om ietsie vir die diabete saam te slaan. Ek gaan jou my proe(f) konyn maak. Groete Annelien
Ek gebruik die ligbruin suiker want ek gebruik nie witsuiker nie en dit werk wonderlik dit is nie so vreeslik soet nie,
of soms los ek die suiker heetemal uit. Ek gebruik ook bruin asyn
Dit is wonderlik om al die variasies te sien, uiteinde…heerlike soet mosterd. Geniet en groete Annelien
Mens eet n bietjie op n slag as mostert. Ek dink minder as konfyt op n broodjie. So dis nou nie asof n mens n koppie suiker op n slag inkry nie… Dankie Annelien vir die resep.
Matigheid mos altyd voor oë…whehe…ja soms gebruik mens maar in elke geval die ekstra skeutjie…Groete Annelien
Ek maak myne ook sonder die suiker. Hou lank in yskas en heerlik saam met kour vleis
Ek maak myne ook sonder die suiker. Hou lank in yskas en heerlik saam met koue vleis
Dit sal 3 maande hou. Maar met my Filistyne is jy gewaarborg so 4 weke. Groete Annelien
Ek sit ook nie suiker in
Middag Annelien…..is die hoeveelheid mosterd reg…. 50-110g lyk so baie!
Hallo Hannes, baie dankie vir die terugvoer dit moet ml wees. Jammer vir die ongerief. Groete Annelien
nou hoeveel gram is 50 ml mostertpoeier dan?
Word dit styf in die yskas?, myne is ietwat loperig, seker nou weer te veel asyn in maar dit proe tog reg, die tekstuur is nie so dik soos mosterd nie, nou in yskas gesit dalk word dit styf….
Akkedis dit behoort stywer te word. Ek weet nie wat die Engelse se kondensmelk kwaliteit is, maar dit sal wel stol met die sure teenwoordig. Mag dit sommer baie goed gaan daar in Engeland. Kom kuier bietjie. Groete Annelien