Hierdie resep kan met suiwer net met kool gemaak word of ‘n paar variasies soos wortel, rooi ui en spinasie of selfs kale gemaak word. Hierdie gereg kan as koue slaai, bykos of hoofgereg vir ‘n volledige ete bedien word. Dink aan piekniek volgraanbroodrolle en elke persoon skep self wat hul wil op die rolletjie…heerlike fyn vleis soos Kouevleis: Varknekrol, geniet dit as ‘n kosblik happie. Punt is, hierdie Suurkool het vele aanwendings en is heerlik. Selfs louwarm is dit ook ‘n wenner. Onlangs het ek feta by gekrummel en so bietjie Gorgonzola (bloukaas) met gesoute neute in gesit en het die Filistyne gesmul! Onthou asb dat hierdie resep nie Sauerkraut is nie. Sauerkraut neem weke om te maak en die kool gaan deur ‘n fermentasie proses waar dit deur mikrobes afgebreek word om eie sure te vorm. Dit is ‘n heel anders smaak as hierdie vars suurkool.

250 g wit kool fyn gesnipper
250 g rooi kool fyn gesnipper
250 g fyn wortel repies
250 g jong spinasie blaartjies of kale
5 e vars suurlemoensap
2 e appelasyn
1 e Groentesout in die Boerekos met ‘n Twist kookboek of
½ t sout
1 e sagte bruinsuiker of molasses troop
1 e heuning
Peper na smaak
4 e sesame saad
4 e olyf olie

Meng al die bestanddele saam en laat vir 2 dae staan voordat dit gebruik word. Dreineer die vog en bedien saam met 5555 kouevleis . Ook heerlik lou warm.

Bron: Annelien Pienaar, 2018
Hoeveelheid: 4-6 porsies