Welkom in Annelien se wêreld van kos
Van die Tuiskombuis tot die Produksie vloer.
Annelien Pienaar is ’n Voedselwetenskaplike, Resepontwikkelaar en Konsultant. Sy deel beproefde kennis met tuiskokke en werk ook saam met van Suid-Afrika se grootste voedselhandelsmerke aan grootskaalse resepontwikkeling, produksieprosesse, werksvloei en die uitleg en opstel van voedselproduksiefasiliteite.
Leer, bak en kook met vertroue
Ontdek Annelien se versameling beproefde resepte, praktiese voedselkennis, aanlyn klasse, werkswinkels en produkte wat jou help om met meer begrip en selfvertroue te kook en bak.
Voedselkennis wat op groter skaal werk
Kry professionele ondersteuning met resep- en produkontwikkeling, standaardisering, produksievloei, gehaltebeheer en die beplanning of verbetering van jou voedselproduksiefasiliteit.
Loer deur ons resepte
Lede-resep
Basque Kaaskoek en Kaaskoek klassifikasies
Gepubliseer
DKaaskoek is nie net één nagereg nie—dit is 'n wêreld vol unieke style, teksture en geure. Van die ryk en romerige New York-kaaskoek tot die ligte Japannese soufflé-kaaskoek…
Lede-resep
Drywende Eilande (Île Flottante)
Gepubliseer
My kindertyd groot bederf en lekker nagereg met veerligte meringue happies bedek met vla en karamel spookasem. Ek kon vir ure kyk hoe my ma met daardie kenmerkende…
Lede-resep
Kondensmelk Roomkoek / Tres Leches
Gepubliseer
Tres Leches, oftewel die bekende Kondensmelk Roomkoek, is een van daardie nageregte wat met elke happie sagter en romeriger word. 'n Ligte vanieljespons word deurdrenk met drie soorte…
Lede-resep
Amsterdammertjies
Gepubliseer
Hierdie Amsterdammertjies is 'n klassieke Europese fyngebak wat met hul bros botterdeeg en sagte amandelvulsel elke teetafel opkikker. Die goudbruin kors, afgerond met 'n heel amandel, maak hulle…
Lede-resep
Vla: Alle soorte met ‘n Les
Gepubliseer
Wat is die verskil tussen Vla (custard) en Bakkersvla (pastry cream)? ’n Vla (custard) word gemaak van melk, suiker en eiers. Gebakroom (crème pâtissière) is ’n tipe vla,…
Lede-resep
Suikervrye Beet
Gepubliseer
Hierdie suikervrye ingelegde baba-bete is 'n heerlike manier om die natuurlike soetheid van beet te bewaar sonder die byvoeging van gewone suiker. Met geurige speserye, uie en 'n…
Lede-resep
Sima/Suurlemoen wyn/Mead
Gepubliseer
Hierdie tradisionele gefermenteerde suurlemoendrank is 'n heerlike, bruisende tuisgemaakte koeldrank wat al geslagte lank in Suid-Afrikaanse kombuise gemaak word. Met sy vars sitrusgeur, sagte soetheid en natuurlike borrels…
Lede-resep
Sosatie met n Twist
Gepubliseer
Kebab-Kofta sosaties met beesvleis, maalvleis, spek en Chimichurri-botter. 'n Indrukwekkende braairesep vir enige kuier.
Lede-resep
Vanilla koek: Gluten-vry met ‘n Eiervrye opsie
Gepubliseer
Hierdie glutenvrye vanieljekoek bewys dat spesiale dieetbehoeftes nooit smaak of tekstuur hoef in te boet nie. Die koek is lig, sag en heerlik klam danksy suurroom, en werk…
Lede-resep
Perske Konfyt met Geblikte Perskes in Stroop
Gepubliseer
Daar is min geure wat my só huis toe neem soos die geur van ryp perskes. Dit herinner my aan warm Desemberdae, boorde wat swaar dra en die…
Lede-resep
Springmielies: gekleurd en of -balle
Gepubliseer
Wie van ons ken nie die vrolike soet kleure van gekleurde springmielies nie? Dit is seker een va maklikste goed om te maak veral vir Entrepreneurs dae!
Lede-resep
Pastrami
Gepubliseer
Daar is min dinge wat so bevredigend is soos om jou eie pastrami van die begin af te maak. Dit verg tyd, geduld en liefde vir die ambag,…