Chili olie
Maklike tuisgemaakte chili-olie met knoffel, gemmer en speserye. Heerlik vir pasta, pizza, slaaie, marinades en geroosterde groente.
Prep Tyd - 20 mins
Kook / Bak Tyd - 45 mins
Totale Tyd - 65 mins
Moeite - Maklik
Bergingopsie: Rakstoor
Oondtemperatuur: n.v.t.
Porsies - Lewer: 350 ml portions
Wenke / Tips
'n Goeie chili-olie gaan oor geur, nie net hitte nie. Deur die ui, gemmer, knoffel en heel speserye eers liggies in die olie te verhit, word hul natuurlike aromatiese olies vrygestel voordat die chilivlokkies bygevoeg word. Dit gee die olie 'n ryk, afgeronde geur eerder as net 'n skerp brand.
Gebruik altyd skoon, gesteriliseerde flesse en hou die olie in die yskas, aangesien vars knoffel en gemmer die raklewe kan beïnvloed.
Laat die olie vir minstens 24 uur staan voordat jy dit gebruik—die wagtyd laat die geure volledig ontwikkel en die resultaat is 'n geurige olie wat met elke dag net nóg lekkerder word.
Bestanddele / Ingredients
320 g (1 ¼ k) sonneblom olie
1 groot prui (shallot), wit gedeelte so 10 cm lank
15 ml (1 e) vars gerasperde gemmer
15 ml (1 e) knoffel, vars
2 loerier blare
1 ster anys peul
1 kaneel stokkie
2 knippies gerookte paprika poeier
½ k gedroogde chili vlokkies
4 knippies wout
Instruksies / Instructions
Braai die ui, gemmer, knoffel, anys, loerier, kaneel en paprika saam vir 5 minute met bietjie olie.
Meng laaste die res van die bestanddele by die gebraaide uie en verwyder van die stoof. Sodra afgekoel giet in ‘n gesteriliseerde fles.
Stoor in die yskas en gebruik soos nodig vir 12 maande.
Nota: hierdie resep vergroot met gemak na enige hoeveelheid.