Hierdie heerlike en maklike Jellie Baby en Sour worm resep benodig net 4 bestanddele, dit is vry van preserveer-, kleur- en geur middels. Geen verfynde suikers en net die beste van bestanddele. Gesonde lekkers vir ons almal. Die resep is ryk aan vitamienes, minerale en ook proteine. Bou immuniteit en heerlik.
My resep vermy kunsmatige kleur- en geurmiddels sowel as verfynde suiker, wat dikwels in kommersiële gummie lekkers voorkom en nie ideaal is vir kinders nie. Hierdie gummie bears is dus nie net lekker nie, maar ook ‘n gesonder alternatief wat jou kind se gesondheid bevorder. Natuurlik ook gesond vir ouer mense want dit help met gewrigte en plooie wat sukkel! Eet sommer baie gummies!
My top 5 bestanddele wat jou kind se gesondheid verseker
- Vars sap: Vars vrugtesap is vol vitamiene, minerale, en antioksidante. Dit help om die immuunstelsel van kinders te ondersteun en hulle te voorsien van energie. In plaas van kunsmatige drankies of vrugtesappe met bygevoegde suiker, kry jy hier ‘n meer natuurlike weergawe. Ja mens kan diabetiese sappe ook vir hierdie projek gebruik en dan die heuning net uit die resep laat.
- Heuning: Heuning is ‘n natuurlike versoeter en bevat ‘n paar voedingstowwe, insluitend antioksidante en antimikrobiese eienskappe. Dit is ‘n gesonder alternatief vir verfynde suiker, wat dikwels in kommersiële lekkers gevind word.
- Gelatien/Agar/China grass: Gelatien is ‘n proteïen wat uit diere se kollageen onttrek word, en dit ondersteun die gesondheid van die vel, bene, en gewrigte. Dit is ‘n uitstekende bron van aminosure wat die liggaam help om weefsels te bou en herstel. Dit is ook ‘n maklike manier om protein aan te vul, wat vir kinders wat in groeifases is, belangrik is. Agar-agar is ‘n plantaardige stol middel en ook uiters gesond vir kinders.
- Suurlemoensap: Suurlemoensap is ryk aan vitamien C, wat noodsaaklik is vir die gesondheid van die immuunstelsel, die vel, en die tande. Dit help ook om die absorpsie van ander belangrike voedingstowwe te bevorder.
- Vitamien C poeier: Vitamien C, wat ‘n belangrike rol speel in die bevordering van ‘n gesonde immuunstelsel. Dit help ook om die liggaam se herstel en groei te ondersteun.
Kleur middels: koek kleursel en ook vrugte en groente poeiers werk puik. So kan mens nog meer nutrient waarde in werk.
Wenke om sonder Moulds te werk:
- Jy kan paar kleur van hierdie mengsels aanmaak sodoende kan jy dan ‘n reenboog van suurwurms maak. Indien jy nie n suurwurm vorm besit of gummie bear moulds, kan jy eenvoudig net die mengsel in ‘n pannetjie wat met kleef plastiek uitgevoer is giet, jy kan besluit hoe dik die wurms moet wees…
- Begin om een kleur in die pan te voeg en effens te laat stol so kol kol. Dan weer ‘n nuwe hoeveelheid kol kol by….en so gaan jy aan. Sodra die mengsel gestol het kan jy die vorm uit lig en dan in lang repe sny en in die VitC suiker rol. Of gebruik ‘n koekie drukker om vorms uit te druk.
Bestanddele vir die Jellie Baby en Suur wurm vir die Jongspan
- 1 koppie vrugte sap van keuse
- 1/4 koppie suurlemoensap
- 1 eetlepel heuning
- 4 eetlepels gelatien of agar agar vir vegane of vegetariers
- 3 e Vit C poeier met 5 e strooisuiker gemeng (oorskiet hou jy vir latere gebruik) OF
- Mielieblom indien jy nie suurwurms wil maak, skud die lekkers net daarin en dan rus vir ‘n uur en sprinkel klein bietjie olie oor en meng sodat die jellie vormpies glansend word.
Metode vir die Jellie Baby en Suur wurm vir die Jongspan
- Kombineer die vrugte sap van keuse met die suurlemoensap, heuning en gelatien. Dit is kritiek dat die mengsel vir 15 minute rus sodat die gelatien kan hidreer.
- Daarna plaas die kastrol oor matige hitte en roer gereeld. Die mengsel mag nie kook nie, dit moet net egalig smelt. Sodra die mengsel glad is, kan jy kleur en nog geusel byvoeg na gelang van jou keuse. Verwyder van hitte.
- Giet dadelik in vormpies deur ‘n tregter te gebruik of n spuit. Indien jy ‘n plastiek beker het, dit giet net so goed.
- Verkoel vir minstens 6 ure (die jellies moet reguit uit die vorms kom. Verkoel dit langer as dit nog nie daardie konsistensie het nie).
- Verwyder dit uit die vorm en gooi dit in vitamien C poeier mengsel of Mielieblom. Geniet dit!
Hoeveelheid: 250 ml se sap ongeveer of 24 suurwurms en ‘n pophuisvol jelly tots of gummie bears!
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2020
Hi Annelien, waar op aarde kan mens suurwurm of gummybear moulds koop?
Erika,
DAnkie vir jou navraag. Loer gerus by Take a lot asook Amazon SA,.
Groete
Annelien Pienaar