Wenke vir Roomkaas versiersel kits mengsel
- Hou vir 12 maande in die vrieskas baie goed.
- Sif bestanddele baie goed voor berging.
- Kamer temperatuur bestanddele.
- Hierdie resep werk heerlik saam met: https://annelienpienaar.co.za/hummingbird-koek-met-n-twist/
Droë mengsel vir Roomkaas versiersel kits mengsel
- 1 kg versiersuiker, gesif
- 50 g meringue poeier (actiwhite by bakkers winkels) of droog self eierwitte, breek ou eiers oop, klits om op te breek en droog by kamertemperatuur oornag tot droog en deursigtig, maal fyn en hou in lugdigte houer in die spens rak, nie yskas of vrieskas.
- 500 g karringmelk poeier
Meng al die bestanddele saam en sif 3 keer saam vir bestanddele om eweredig te versprei.
Vir elke 1 k van die Droë mengsel vir Roomkaas versiersel kits mengsel wat gebruik word benodig jy
- 80 g bakkers margarien 80% vet inhoud, kamer temperatuur
- 15 ml melk
- 5 ml suurlemoensap
- 5 ml suurlemoenskil (opsioneel)
- Knippie sout (breek die ergste soet)
Room die margarien met die vloeistowwe saam en klits tot romerig. Voeg dan die droë mengsel by en klits vir paar minute tot glad en romerig.
Dekkings vermoë van aangemaakte mengsels vir Roomkaas versiersel kits mengsel / Cream cheese frosting premix
- 1 k droë mengsel sal 4 kolwyntjies en een laag koek se vulsel kan dek.
- 4 k droë mengsel sal 12 kolwyntjies en een laag koek wat halveer se laag en buite laag dek.
Speel met die resep en kry jou eie perfekte verhoudings. Meer vog om dunner te maak, minder vog vir dikker konsistensie.
Hoeveelheid droë mengsel: 1.5 kg.
Bron: www.annelienpienaar.co.za