Soms het mens nie lus vir lang prosesse om professionele sjokolade mousse te maak met gelatien en koud word en…wel WAG! Die geheim hier is goeie kwaliteit couverture sjokolade verkieslik. Lees asb my artikel oor Bakkers sjokolade opsies want dit kan die maak of breek van die resep wees. Sou jy die verkeerde sjokolade gebruik mag jy meer vetterige korrels eet as iets satyn sag en glad.
200 g (1 k) bakkers tipe sjokolade (nie die nibs maar chips)
250 ml (1 k) vars room (die wat jy by die koue afdeling koop)
1 t vanilla
30 ml (2 e) kakao gesif
Klits die room en vanielje geursel totdat dit begin styf word, maar nie super styf.
Giet die afgekoelde sjokolade by en klits weer deur. Sprinkel die donker kakao oor en vou in.
Skep oor in spuitsak en vul glasies, verkoel vir ‘n uur en bedien met ekstra kakao.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2003
Hoeveelheid: 2-4 porsies. Die resep vermeerder met gemak.
Goeie naand, ek is op soek na die sjokolade koek vir die mikrogolf asb
Die soekwoorde is Mikrogolf Sjokolade koek.