Kom ons dink nie net aan al die proteine wat ons in kry met hierdie stafie, maar HOE ons speserye en kruie kan gebruik om ook metabolisme aan te help. Kaneel, Wit peper, Borrie, Neutmuskaat, Gemmer is speserye wat detox en ook die metabolisme aan help. Oorweeg ook om na chia sade te kyk as ʼn super food maar nie almal hou van ʼn glimlag na gym met saadjies tussen die tande. Sou jy dit oorweeg om deel van die dieet roetine te maak stel ek voor 2 e chia sade by die mengsel. Kruie en speserye na gelang van eie smaak…maar 1 t gemeng van alles sal heerlik werk.

40 g (½ k) klapper meel (maak dit self deur dessicated coconut nog fyner in meule te maal, dit dra by tot vesel in die dieet.
180 g (1 ½ k) protein poeier (whey), geur of ongegeur. Kies ‘n 4 g carb per 100g poeier om carbs laag te hou.
460 g (2 k) neute botter van keuse
175 g (½ k) maple stroop of rou heuning of dadel stroop
400 g (2 k) couverture sjokolade splinters (opsioneel) 70% cocoa of meer

Voer ‘n bak plaatjie (15 cm x 15 cm) met bakkers papier uit. Hou eenkant. Jy kan enige grootte pan gebruik na gelang van die dikte wat jy verkies.

Meng die klapper meel en protein poeier deur dit twee keer saam te sif. Voeg dan al die bestanddele saam en knie liggies deur. Druk dan in pannetjie en set in die yskas vir paar ure.

Neem dan die pannetjie, smelt die sjokolade en giet oor. Los dan om liggies te set en sny met warm mes, en laat dan verder set.

Hou in yskas in lugdigte houer elkeen individueel verpak.

Jy kan ook bolletjies rol en dan in klapper of kakao rol as jy nie die sjokolade doop werk wil doen. Jy kan hier dus heerlik kreatief raak.

Nutritable met sjokolade ingereken: 1 van 16 stukkies: 627.6 kJ, Koolhidrate: 5 g, Vet 7 g, Vesel 3 g. Hierdie blokkies is hoog in Vesel, kalum,  VitA, Kalsium en yster. Laag in natrium.

Bron: www.annelienpienaar.co.za 2022 deur Annelien Pienaar vir die Breinkos reeks en Glutenvrye werkswinkel.
Hoeveelheid: 16 blokkies maar alles hang af hoe jy vorm, hoe dik die beslag gaan wees nav die pannetjie grootte wat jy het en of jy bolletjies rol. 15 ml maar heerlike vinnige vinger happies.