Hierdie heerlike gemarineerde knoffel toontjies is ʼn moet by elke charcuterie bord. Glo dit of nie, maar die knoffel ruik glad nie en brand ook nie weens die prosesse wat dit ondergaan. Die knoffel is bros, soet met ʼn souterigheid wat deur slaan agv die soja sous marinade.
Wenk: nadat die knoffel deur die fermentasie proses is: vars die knoffel vir ‘n uur in vars water. Daarna, dreineer en druk knoffel droog, preserveer die bottel met heuning te vul.
NB: Vir die hele proses mag NET vlekvrye staal of glas gebruik word. Die knoffel mag verkleur na groen of blou. As dit gebeur, die knoffel is verseker nog eetbaar.
500 g geskilde knoffel
2 k water
500 g ysblokkies in ʼn diep bak
Bring water in ʼn kastrol tot kookpunt en kook die knoffel vir 5 minute in die water met ʼn deksel. Dreineer dadelik en voeg die knoffel met 2 k water by die ys en koel die knoffel so gou moontlik af. Los die knoffel totdat die ys gesmelt het. Dreineer weer.
(Die blansjering wat ons hier doen haal die brand uit die knoffel asook die sterk nasmaak of stink asem word uitgeskakel. Die koue water dra by tot die bros byt wat mens kry as jy die knoffel eet, geen pappery).
Skep die knoffel in ʼn glas houer groot genoeg om die 500g knoffel stewig te laat in pas. Vul dan die hele houer sodat die knoffel bedek is met enige wit asyn. Laat dit in die yskas staan vir 7 dae. Dreineer al die asyn. Hou die asyn vir slaaisouse ens. Dit gaan nie verder in hierdie resep gebruik word nie.
1 k water
¼ k goeie kwaliteit soja sous
2 e bruinsuiker
Plaas water, soya sous, bruinsuiker en knippie peper in ʼn kastrol en bring tot kookpunt. Kook 5 minute en laat baie goed afkoel. Giet die afgekoelde marinade oor die knoffel, bedek en stoor vir 4-6 weke voordat dit gebruik word.
Wenk: seel die bottel se deksel vanaf die begin met ʼn stukkie plastiek tussen die bottel en die deksel om roes te voorkom. Stoor in donker kas vir maande. Indien die bottel geopen word, stoor in yskas vir 3 maande.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2021
Hoeveelheid: 500 g knoffel. Ek verkies om kleiner houertjies te maak om as geskenkies te gee. Jy kan meer sous maak indien verkies en die oorskot as slaaisous te gebruik.