Pietersielie is n veelsydige krui in die huis. Veral die outydse krullerige Pietersielie…ons het altyd gespot en dit oom Pieter se sielie genoem…haha. Elke geval, die smaak van dit in ‘n Aartappelslaai is sinoniem. Ek kan nie my Kruie tuine sonder dit voorstel. Ek is baie lief om hierdie knoffel Pietersielie mayo te maak vir die kinders se kosblikke, doopsouse en dan ook vir pasta, aartappels en natuurlik vir ‘n stukkie skapie of bees filet oor die kole. Saam met vis…man dit is net so legendaries soos Ouma Hantie se knoffel room sous.

In hierdie resep volg ons die beginsel van Mayonnaise maak, rou eier, olie, asyn, mosterd en dan met ‘n hoë spoed staaf menger soos ‘n Bamix te meng binne 30 sekondes tot die perfekte gladde en eenvormige emulsie. Dus gaan ons ietsie lekker leer vandag…

Pietersielie is ‘n ongelooflike krui en as jy navorsing daaroor doen sal jy sien in ‘n tee getrek is dit wonderlik vir spatare, bloedsirkulasie en om bloed skoon te maak…soveel goeie werkinge. Lees gerus meer oor hierdie onderwerp op Kruie groepe.

Nota: vars kruie soos per koppie mates aangedui is die verwerkte mate nie die heel maat.

Slaaisous opsie: voeg room by tot die dikte van jou keuse.

Eiervrye mayonnaise alternatief vir hierdie resep kan by die volgende skakel gedoen word. Bring dan net die sprietuie, pietersielie, knoffel, gemengde kruie in. Eiervrye Mayonnaise

1 k spriet uie (chives), fyn gesnipper, dit maak dit makliker vir ‘n staaf menger om dit in ‘n pulp te omskep.
¾ k pietersielie, fyn van die takkie gesnipper (NIE Flat leaf parsley of Italian parsley…die outydse soort)
3 groot (large) eiers
2 ½ t suiker of heuning
¼ t sout
1 ½ t gemengde droë kruie (hierdie is ‘n moet)
1 t vars knoffel fyn gemaak (jy kan minder gebruik)
1 ½ k sonneblom olie
2 ½ t asyn
2 t gladde dijon mosterd

Plaas alles in staaf menger se bekertjie of houer en meng tot eenvormig. Gebruik die lem eerste om die vars groen materiaal fyn te maak, dit is nie nodig vir ‘n puree. Dan verander die lem en maak die mayo.

Vir diegene wat ‘n Bamix het gebruik asb die A lem (die ronde soliede lem). Dit neem 30 sekondes vir die mayo om te vorm.

Hierdie mayo word dan lugdig geseel en in die yskas gestoor vir so 14 dae. Maar glo vir my dit is op voor jy by dag 3 kom. Hierdie resep verdubbel perfek.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2023
Hoeveelheid: 350 ml