Neutebotters is voedsaam en ook baie vinnig om te maak. Om hierdie happies te berei is dit raadsaam om altyd VARS neute te gebuik. Boom- en grond neute is geskik vir hierdie metode.
Sekere neute moet vooraf gerooster word om die soetheid uit te haal en ook die olies te laat oksideer sodoende maksimum smaak uit die neute te kry. Moet liefs nie met gesoute neute, botters maak want die sout kan te hoog raak en te veel sout is ook nie gesond nie.
Dit is belangrik ook om die neute met ʼn meule te maal met hoë revolusies ipv hoog in watts. Hoe hoër die revolusies hoe gouer kry jy neute botters. Loer gerus in die aanlyn winkel na die Bamix opsies vir hierdie takie. Die Wet ʼn Dry mill maak binne 30 sekondes neute botter. Ander staaf mengers en voedselverwerkers sukkels soms.
Hoe maak mens dus die botters? Deur die warm neute te verwerk tot glad. Jy kan dan geur na smaak en selfs heuning as versoeter byvoeg, kaneel is ook ʼn opsie wat heerlik met neute werk en ook ʼn gesonde toevoeging.
1 k neute van keuse in die wet ʼn dry mill van die Bamix of enige staaf menger met die skerp lem gepas.
2 tot 3 e sonneblom olie of olie van keuse
45 ml heuning na smaak
knippie speculaas speserye na smaak
Knippie sout
Verroom tot glad en smeerbaar. Bottel in lugdigte houer en stoor in yskas vir 6 weke
Wenk: voeg ‘n halwe koppie couverture donker sjokolde by en verroom weer met die lem totdat jy iets soos nutella kry!
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2022
Hoeveelheid: halwe koppie neute botter
Die gemmer rood beskuit is verseker vit my!! Sal dit ok wees om klein stukkies verglaasde gemmer ook deel te maak?
Cariena,
Dit sal perfek werk.
Groete
Annelien
Kan ek olyfolie gebruik by die neute botter? Moet die doppie af wees as ek amandel botter wil maak of kan ek dop en al botter maak? Watter neute moet eers gerooster word? Is dit gesonder om heuning en kaneel by te voeg? Of is dit beter om neutebotter net so te gebruik?
1. Ja jy kan olyfolie gebruik. 2. Jy kan met of sonder die vel botter maak. 3. Alles behalwe pekans. 4. Jou keuse wat jy wil byvoeg. Kaneel is baie goed lees na oor dit.