Hierdie blink gladde drup versiersel is die hele geheim tot die sukesvolle afronding van die bederf happie. Jy kan die dikte aanpas nagelag van jou keuse deur lepel gewys water by te voeg. Oppas vir te dun. Doop eers of bedruip die produk om te toets en pas dan daarna aan.
Wenk:
1. Die glazes kan in die yskas of vrieskas gestoor word vir maande. Plaas net in dubbel koker en verhit weer tot 45C om dit weer vloeibaar te kry. Ek vind die mikrogolf veroorsaak sandsuiker en glans gaan ook verlore.
2. Enige geur van sjokolade, koffie, vanilla, karamel kan dmv geursels in gebring word.
3. Topping idees: fyn fudge stukkies, sjokolade, neute, nougat
4. Jy kan selfs in die versiersel goed soos neute sit om ‘n crunchy topping te kry. Fudge en nougat sal oplos metter tyd, dink dus fyn hier.
5. Geskik vir: eclairs, poffers, doughnuts, klein koekies, vla skywe en vele meer.
1 kg versiersuiker, gesif om klonte op te breek
165 g glukose stroop
120 g water
1 t geursel van keuse
Kleursel na gelang van keuse
Weeg al die bestanddele saam in een houer af want die glukose stroop is maar ‘n taai outjie en ‘n gemors as jy heen en weer moet skep, verloor jy van die glukose en dan werk die resep nie reg uit.
Berei ‘n kastrol voor om ‘n dubbel koker te vorm. Die bak wat oor die kastrol hang mag nie aan die water raak nie. Die stoom wat onder in die kastrol vorm moenie borrellend langs die kante uit kom. Sagte rol kook. Verhit die mengsel tot bietjie warmer as liggaams temperatuur of ongeveer 45C. Roer goed deur en doop of bedruip die produk.
Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za Fyngebak klasse se glazes en toppings
Hoeveelheid: 450 ml, hierdie gaan baie ver!