Outydse groente en mayo smeer is iets wat die Pienaar woning altyd seker maak dat daar voorraad is. My seuns is gek oor die smeer en smeer dit op en oor alles. Van toebroodjies, burgers, Franse roosterbrood, slaaisous…

6 geel wortels, geskil
1 rooi soetrissie, stronk en pitte verwyder, fyn gekap
2 groen soetrissies, stronk en pitte verwyder, fyn gekap
3 medium uie, geskil en fyn gekap
1 engelse komkommer, halveer deur lengte en sade uit geskraap (word nie gebruik), kap grof die res op
500 ml – 750 ml mayonnaise (jy kan self besluit hoe dik of dun dit moet wees)
750 ml wit asyn
100 g – 200 g wit suiker
Sout en peper na smaak

Plaas al die verwerkte groente in lae op mekaar in ‘n glas, erde of vlekvrye staal bak. Meng die asyn, sout en suiker saam. Giet die asyn mengsel oor die groente en laat oornag staan vir 12 ure ongeveer.

Dreineer die asyn en druk so veel moontik vog uit die mengsel deur dit in ‘n moeselien doek op te vang en dan droog te draai.

Voeg die res van die bestanddele by en roer goed deur. Skep in gesteriliseerde flesse en draai dig toe. Hou in die yskas vir 6 maande.

Hierdie mengsel kan ook bevries word vir 3 maande. Roer goed voor bediening om weer eenvormig te word.

Bedieningsvoorstel: saam met koekies, broodjie smeer of 1 k Toebroodjiesmeer gemeng met halwe koppie roomkaas maak die heerlikste vulsel. Jy kan by hierdie roomkaas smeersel ook ‘n blikkie tuna of enige ander oorskiet vleis meng…die opsies is legio.

Bron: Annelien Pienaar, 1999, Hospitality studies, Tshwane north FET by MrsAPienaar
Hoeveelheid