Malvalekker fondant is vinnig en maklik om te maak. Maar eers wil ek vir jou die verskil uit wys van tradisionele fondant teenoor Malvalekker fondant. Tradisionele fondant is die kook van ‘n suiker stroop wat dan op ‘n koue blad verwerk word en geskraap word totdat dit afkoel in ‘n knie bare deeg konsistensie. Daar is geen toegevoegde gom of stabiliseerders by. Vir Malvalekker fondant is die gelantien daarin die gom wat help om stabiliteit in te bring saam met die versiersuiker wat gebruik word. So, die rak hou vermoe is ook baie laag van Malvalekker fondant. Maak genoeg aan sodat jy alles kan gebruik op een slag.

500 g wit malvalekkers
5-8 e water
800g – 1 kg versiersuiker GESIF!!! Klonte gaan jy nie kan uit roer, SIF
75 g bakkersmargarien met ‘n 80% vetinhoud

Plaas malvalekkers met die helfte van die water in ‘n mikrogolf veilige bak. Verhit vir 15 sekondes op vol krag en roer liggies, herhaal weer 15 sekondes en roer. Hou so aan totat die malvalekkers gesmelt het.

Sif 750 g van die versiersuiker by die malvalekkers in en meng goed deur. Smeer die werksoppervlakte met die margarien en keer die mengsel daarop uit. Vryf jou hande ook goed in met die margarien en begin om die mengsel te knie. Hoe moet die fondant voel? Wel, dit moet soos pasteideeg of brooddeeg lekker knie, sonder om pap te wees of aan jou hande vas te klou. As jy met egte fondant al gewerk het sal jy weet hoe dik dit moet wees. Indien die mengsel vir jou sag voel, sif bietjie vir bietjie versiersuiker by totdat jy tevrede is. Indien dit dalk gebeur dat jy teveel vesiersuiker by het, kan jy van die water wat oor gebly het byvoeg.

Gebruik asb al die fondant dadelik op. Indien jy dit vir ‘n dag lank wil stoor, sit in ‘n zip lock sakkie en druk alle lug uit. Hou in die yskas.

Bron: www.annelienpienaar.co.za, 2003, FoodPrepLevel4, Mrs A Pienaar, Hospitality studies.
Hoeveelheid: genoeg om ‘n dubbellaag 23cm koek mee oor te trek en oorskiet te he vir kleiner versierings.