Chantilly room was seker die eerste item wat ons as studente leer maak het om saam met “Chantilly Vacherin” te maak. Die Franse chef het redelik grafies vir ons verduidelik hoe om ‘n mini pavlova te vorm deur die meringue soos “cow poo” op mekaar te gooi. Wel, tot vandag kan ek die les nie vergeet. WAt my wel diep getref het was die eenvoudige smake van room, versiersuiker en ‘n likeur van keuse. Ek onthou hy het ‘n skeutjie Cognac bygevoeg en die nagereg aan mekaar geslaan vir ons studente om te proe. Wel, vir my is ‘n nagereg amper kaal as daar nie ‘n potjie van hierdie heerlike room by is. Koeke en terte, veral kaaskoek, is perfek afgerond met so ‘n spuitjie room op die kant. Verseker ‘n stapel in my yskas. Hoop jy geniet hierdie eenvoudige reseppie net soveel soos my gesin.

250 ml vars room (koop by die koue melk afdeling, nie lang lewe room), rede is die smaak is net soveel beter, as jy nie anders kan, gebruik maar die lang lewe.
5 e versiersuiker
3 e likeur van keuse of rum geursel of selfs brandewyn…

Klits tot styf en bedien dadelik. ʼn Heerlike wenk is om bietjie grof gekapte neute in die room in te vou!

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za 1993
Hoeveelheid: 4-6 prosies