‘n Vinnige en eenvoudige resep vir Doughnuts wat gegiet word ipv geknie en gevorm. Die rysmiddel in hierdie geval is bakpoeier en lewer ‘n sagte krummel en amper koekagtige tekstuur. Die raklewe is effens langer as vir Doughnuts gemaak met die tradisionele gis.

140 g (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
75 ml (7 e) mielieblom (maizena)
30 ml (2 e) volroom melk of room
2 ekstra groot eiers eiers
140 g (1/2k plus 3 e) witsuiker
140 g (140 ml) water
30 ml (2 e) sonneblom olie
2.5 ml (½ t) vanielje geursel

Sif en meng die droë bestanddele saam, behalwe die bakpoeier, hou eenkant.

Klits met ‘n draad klitser al die vloeibare bestanddele saam.

Meng die nat en droe bestanddele saam. Laat vir 30 minute rus vir stysel granules om te verdik.

Klits die bakpoeier met draadklitser deeglik by, geen klonte.

Skep lepels vol in ‘n doughnut pannetjie om in die oond te bak by 180C vir 20 minute OF direk in olie wat 190 C warm is diepvet braai vir 3 min beidekante tot bruin en gaar. Drup droog op handdoek papier en laat goed afkoel voordat jy dit doop. Indien met strooisuiker en kaneel sprinkel, moet dit warm gedoen word anders klou die suiker nie.

Daar is spesiale giet apperaat vir doughnuts of lepels waarin jy direk die doughnuts kan giet en dan diepvet braai.

Souse vir doop word hier onder gelys, asb hoe kouer die doughnut hoe beter klou die versiersel:
Glansversiersel

Caramel en gekleurde dip wat hard word

Milkybar en Joghurt glans versiersel

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za, 2010 Food Prep Level 3, Tswane North FET campus.