Wortels is ‘n veelsydige item in die Suid-Afrikaanse kombuise. Wortels kan gekook word vir hoofgereg, gebruik word in gebak en ook in pekels en vele meer. Vandag kyk ek na die verwerking van wortels sodat dit as blatjang en ook ‘n konfyt gebruik kan word. Die smaak van die pynappelsap gekombineer met spekulaas kruie maak hierdie ‘n onvergeetlike item op die Kerrie spyskaart as bygereg maar ook heerlik as ‘n smeer by warm gebakte brode. Dus, ‘n baie veelsydige resep.
2 e gemmer, vars gerasper
1 kg, wortels, medium grootte, geweeg as geskil en getop en toe. Rasper dan fyn.
1 k water
2 k pynappelsap
Kook die wortels, water, pynappelsap met deksel oor matige hitte vir 20 min.
2 k wit suiker
2 e heuning
1 ½ k wit asyn van keuse
1 t spekulaas kruie
¼ t sout
Voeg die suiker, heuning en asyn by en kook vir nog 20-30 minute, matig vinnig tot glansend en medium dikte konsisntensie. Roer die sout en spekulaas kruie by.
Bottel warm in warm gesteriliseerde flesse.
Raklewe is 6 -12 maande.
Bron: www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 3 x 375 ml of dalk bietjie minder bottels.