Mielierys is vir my ʼn item wat ʼn moet is in my weeklikse spyskaart. Ek kook mielierys soos my gewone rys, spoel dit ook tydens die kook proses en nadat dit gaar is, giet ek bietjie olyfolie oor om die korrels los van mekaar te hou. Ek gebruik ook hierdie mielierys as bestanddel om slaaie vir die kinders met ekstra oorskiet proteine aan te vul. Dus is mielierys baie veelsydig. Jy kan mielierys ook kook sonder om te spoel om dit romerig te hou. Dit is persoonlike keuse. Vir hierdie resep gebruik ons dus laasgenoemde.

15 ml (1 e) mielieblom
250 ml (1 k) volroom melk
100 g (1 k) gerasperde cheddar of gouda kaas (weeg eers die kaas af deur die blokkie te sny en daarna te rasper)
5 ml gerookte Spaanse paprika
5 ml fyn mosterd poeier
150 g gekookte mielierys
15 ml woestersous
2 e gesmelte botter
150 gekapte ham of gaar spekvleis
2 e origanum of pietersielie, gedroog
½ k ui, fyn gekap
½ t sout

Voorverhit oond na 180C en smeer ʼn glas of keramiek bak van ongeveer 20x20cm met pansmeer of botter.

Meng al die bestanddele saam en giet in voorbereide oondskottel.

Bak vir 30 minute tot gaar. Bedien warm.

Hoeveelheid: 4 porsies kan maklik verdubbel word.

Bron: Annelien Pienaar Food Consultant 2021 www.annelienpienaar.co.za