Daar is niks so heerlik soos die reuk van piesang, kaneel en klapper as die gebak warm uit die oond kom. Die eerste keer toe ek die basis resep begin Twist het ek besef ons gaan feeste geniet. Hierdie koek kan in ‘n verskeidenheid van vorms en groottes gebak word. Ringkoeke, laagkoeke, broodjies of kolwyntjies. Vir laag koeke stel ek ‘n heerlike gesoute karamel vulsel voor en vir ringkoeke die Mascarpone roomkaas versiersel. Dus, hier hierdie koek ‘n paar gesiggies en kan heerlik Twist.
NB wenk: ‘n Kritiese punt ek egter wil uit lig van hierdie resep, is die feit dat ‘n vars piesang nie sal deug tov tekstuur en geur van die koek. ‘n Swart en ou piesang is beter om te gebruik en is die maak of breek van enige gebak wat piesang moes in kry…hoe ouer die piesang hoe geuriger en sagter die koek se tekstuur. Koop ou piesangs en vries net so in die skil of maak fyn en vries dan. Punt is…oud is in hierdie geval die “game changer.”
280 g (2 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
2.5 ml (1/2 t) koeksoda
Knippie sout
2.5 ml (1/2 t) kaneel
115 g (1/2 k) botter, bakkers margarien 80% vet inhoud, sag by kamertemperatuur
270 g (1 1/3 k) strooisuiker
2 ekstra groot eiers, kamertemperatuur
250 ml (1 k) suurroom, kamertemperatuur
1 t klapper geursel of vanielje geursel
225 g(1 k) piesang moes, of 4 medium piesangs
½ k fyn klapper of fyn gekapte pekans (opsioneel)
Voorverhit oond na 170C en berei ‘n standaard bundt pan/ tuitpan of gewone koekpan van deursnit 20-25 cm met pansmeer uit die Boerekos met ‘n Twist kookboek voor. Indien kolwyntjies/muffins gebak word sal 1 x 12 gat pan ook geskik wees.
Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda, sout en kaneel saam.
Room strooisuiker en botter vir 8 minute saam tot lig en donsig. Indien dit ooit gebeur dat die smeer wil sag word omdat dit dalk ‘n koue kombuis is of winter, dompel die bak in warm water en meng, dompel weer in water en klits weer. Wees egter versigtig om nie te warm te maak.
Voeg dan die eiers een vir een by en klits deeglik voordat die volgende eier bygevoeg word. Voeg dan die geursel by en klits deur. Meng die piesang moes en suurroom by deur dit met ‘n draad klitser in te meng.
Voeg die meel by en baie versigtig vou dit in die mengsel in. Skep in voorbereide pan. Bak soos volg:
Tuitpanne: 35-40 min by 170C
Koekpan: 40-5 min by 170C
Piesangbrood pannetjies/half loafs: 30-35 min by 170C
Muffins: 25-30 min by 170C
Koel eers effens af in panne voordat dit uit gekeer word. Versier na gelang van keuse met:
1. Gesoute karamel versiersel/vulsel
Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za, 2003
Hoeveelheid: 1 bundt/1dubbellaag koek of 8-12 kolwyntjies of 1 standaard piesang brood pan
“n Vraag: ek het swart piesangs gevries. As hulle ontdooi is, maak ek hulle fyn met of sonder die skil?
Groete
Gerrie
Gerrie, Sonder die skil asb.
Groete
Annelien Pienaar
Annelien, jammer ek weet jy is n besige vrou maar wil gou duidelikheid by jou kry.
Ek wil graag hierdie bak maar my oond het gegaan. Het egter n thermo fan oond
wat nog werk. Met hoeveel grade verminder n mens die temperatuur vir gebak
met n waaieroond?
Hallo info6. Jy kan voor in my Boerekos met ‘n Twist kookboek die oonde afdeling voor in die boek lees asook, kyk my volledige oonde video op Youtube onder Annelien Pienaar. Jy gaan ongeveer 5C laer bak en ook die stoombakkie moet doen. Lees of kyk meer by die lg bronne. Groete Annelien Pienaar