ʼn Heerlike luukse koek vir daardie ekstra spesiale dag en iemand wat jy wil bederf met jou towerkunsies in die kombuis. Die koek bestaan uit ‘n karamel gegeurde koekbasis gemaak met ligte bruin suiker gestapel op lae van karamel kondensmelk, gemmerkoekies, fudge en kondensmelk versiersel…ooo ja, dan ook crunshie of te wel heuningkoek! Hierdie koek moet op die dag van die geselligheid aan mekaar gesit word, want bestanddele soos heuningkoek sal oplos en stroperig word.
400 g botter of 80% vetinhoud bakkers margarien, sag by kamertemperatuur
400 g (2 k) ligte bruin suiker (nie treacle asb)
6 groot eiers
420 g (3 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
¼ t sout
1 t karamel of vanilla essence
1 x aanmaak van Kondensmelk versiersel
1 x 410 g caramel treat/gekookte kondensmelk
12 gemmerkoekies BKT kookboekof soortgelyk grof gekap
1 x aanmaak van Heuningkoek gebreek vir versiering / sjokolade crunchie
1 x aanmaak van Mikrogolf fudge
Voorverhit oond na 180 ℃ en voer 2 x 20-26cm ronde koekpan met pansmeer (BKT kookboek) uit.
Klits die botter/margarien en suiker saam vir 5 minute tot lig en donsig. Klits die eiers by.
Sif die droe bestanddele saam en vou by die eiermengsel in. Verdeel tussen die twee panne, skud liggies en bak vir 30 minute totdat die koeke gaar is by 180C.
Laat die koeke 10 min in die panne af koel, haal uit en laat verder tot kamertemp afkoel. Plaas in vrieskas vir ʼn uur. Halveer die lae om vier lae te lewer en begin dan die lae aan mekaar te sit met ʼn laag karamel kondensmelk op elke laag gesmeer opgevolg met kondensmelkversiersel, crunchie, koekies en fudge, smeer.
Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za 2021
Hoeveelheid: 1 vierlaag koek
Wil bet uitvind, die mikrogolf fudge, is dit jou Maklike Mikrogolf fudge resep? As jy op die skakel klik vat dit jou na die Kondemelk versiersel resep.
Dit is korrek dit is my Maklike Mikrogolf fudge resep. Ek sal loer hoekom die lyne so gekruis geraak het.