‘n Vinnige en makliker versiersel en vulsels resep sal jy nie kry. Die basis resep gee vele variasies vir ‘n verskeidenheid aanwendings. Hierdie resep spuit perfek vir 3D versierwerk en as vulsel ook heerlik.

Wenk vir hitte stabiele Kondensmelk versiersel:

  • voeg 3 e meringue poeier (in SA as Acti white bekend) by die mengsel. Sif liggies oor en klits baie goed deur.

Resep

1 x 385 g blikkie kondensmelk
250 g 80% vetinhoud bakkersmargarien, kamertemperatuur en sag maar nie warm
200 g bakkers sjokolade enige kleur, gesmelt
5 ml geursel van keuse

  • Metode

    Smelt die sjokolade soos volg: plaas in deursigtige mikrogof vaste bak en by 100% krag en 15 sekondes verhit, roer en herhaal vir 6 keer. Roer met ‘n vurk sodat jy kan sien die sjokolade stukkies is gesmelt. Hou die sjokolade eenkant. Onthou net dat jy nie met enige vog naby die sjokoalde moet kom as jy werk, moet ook nie die sjokolade kook nie, dit sal skif. As jou mikrogolf die sjokolade vinniger smelt, is 6 x se 15 sek nie nodig. Kyk fyn hier.

  • Klits die margarien totdat dit lig en romerig is. Dit sal so 8 minute neem en neem jou tyd want hierdie is die amper belangrikste stap van die hele resep. Maak seker die botter of margarien is sag, maar koud, nie sag en warm nie. Daar is ‘n verskil. Hoe gaan jy weet? As die smeer nie kleur verander na lig en meer donsig word, dan weet jy, sit terug in vrieskas of yskas om te verkoel vir 5 min, roer deur en verkoel weer 5 min…klits dan.
  • Giet die kondensmelk by die margarien en klits weer vir so 5 minute totdat die mengsel mooi verdik en glansend is. Voeg dan die gesmelte sjokolde by en klits goed deur tot weer dik en glansend.
  • Die mengsel is gereed om te gebruik.
  • Wenke:

       1. Karamel geur: Vir ekstra lekker vir ‘n karamel vulsel: voeg ‘n halwe blikkie karamel by die resep…bv as jy dan ‘n karamel sjokolade sal gebruik sal dit ‘n heerlike salted caramel vulsel lewer, sprinkel ‘n hand vol neute tussen die lae en voila…heerlike koek.
    2. Sjokolade geur: voeg 1/2 k kakao by die mengsel om donkerder te kry en swart of bruin kleursel kan ook bygevoeg word. Klits laaste by. Onthou sif die kakao goed vooraf.
    3. Lemon cheesecake: Berei die basis resep en voeg by die mengsel en 1 t sitrus skil en 2 e suurlemoensap. Klits alles saam tot lig en donsig. Jy sal die smake kry van ‘n Lemon cheese cake sonder die roomkaas.
    4. Hierdie vulsel kan vir 3 maande in die yskas gestoor word, Laat by kamer temp en klits net weer om sag en glad te kry.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2019

Hoeveelheid: genoeg vir 12 kolwyntjies of dubbellaag koek