Daar is niks so wonderlik om tyd saam met jou gesin te spandeer rondom die kostafel. My gesin sien hamburger aande as fees maaltye want daar word ‘n wye verskeidenheid souse, vulsels en geure patties berei.

1 kg maalvleis
1/2 ui fyn gekap
1 knoffeltoontjie, fyn gedruk
2 eiers
1/2 k gedroogde broodkrummels
1 e gegeurde sout (woestersous sout of groente sout in die Boerekos met ‘n Twist kookboek)
4 e woestersous
2 e blatjang

Meng alles saam en druk dan in vormpies. My gesin hou van ‘n 150 g pattie.

Vries wonderlik.

Bron: www.annelienpienaar.co.za, deur Annelien Pienaar, 2020
Hoeveelheid: 6-8 indien 100-150g patties gemaak word.