Suiker vrye konfyt wat ons kook het ‘n baie kort rak lewe van ongeveer 2 weke in die yskas. Indien jy ‘n Canner sisteem het kan jy dit wel bottel. Dit is egter ‘n onderwerp op sy eie. Vir my suikervrye konfyt kokery het ek altyd gevriesde vrugte beskikbaar en kook klein hoeveelhede per maand. Bessies vries perfek sonder enige vorm van vooraf bewerking voordat dit gevries word. Ek het die gewoonte om met oestyd soos die bessies ryp word bietjies-bietjies te pluk en so te vries in 130 g hopies om ‘n koppie op te maak. Dan kook ek so n koppie se hoeveelheid om my vir die maand te hou. Dit is gelukkig vinnig en maklik om te maak.
Nota: pektien en suiker alternatiewe het ek by Dischem se gesondheidsvoedsel rak gevind.
130 g (1 k) bessies van keuse
45 ml (3 e) chia sade
100 ml water
10 ml suurlemoensap
versoeter na smaak
Puree alles saam en hou in die yskas vir 2 weke.
2.8 Carbs
Bron: www.annelienpienaar.co.za 2020
Hoeveelheid: 250 ml
Annelien, ek wil net graag weet hoe lank moet die bessiekonfyt kook. By die metode is nie iets van die kookproses nie Net puree of word hierdie spesifieke konfyt nie gekook nie. Dankie,ek wil net doodseker maak hiervan.
Die grootte van jou kastrol bepaal die hoe lank jy kook. Die konfyt moet ten minste met ‘n kwart gedaal het en dit moet as jy toets op ‘n koue piering mooi styf wees. Groete Annelien
Dankie vir die antwoord. Ek hou van die ongekookte weergawe. Dis heerlik.