Hierdie konfyt is vinnig en maklik om te kook omrede die vrug redelik vinnig sag kook. Turksvye het nie baie vog en daarom moet vog aangevul word om sodoende in die begin fases nie aan te brand en suiker te help oplos. Hierdie resep kan met gemak verdubbel of met 4 gemaal word.

1 kg geskilde turksvye in kwarte gesny
500 g wit suiker
400 ml water
1 gemmer wortel toontjie so groot soos jou duim in ringe gesny
5 e suurlemoensap

Sprinkel suiker oor die vrugte en laat staan vir ‘n uur. Voeg water by en oor STADIGE en MATIGE hitte verhit die mengsel totdat die suiker opgelos het en roer versigtig. Sodra die suiker opgelos het, kook medium vinnig totdat die mengsel verdik. Onthou ook om die grootte van jou kastrol in gedagte te hou. Ligte konfyt word gekook deur ‘n groter boom kastrol te gebruik en vog verdamp vinniger. Oppas weer vir te groot. So my voorstel is 3 liter kastrol vir hierdie hoeveelheid vrug.

Bottel in warm gesteriliseerde flesse sodra die konfyt 104 C bereik.

Bron: www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 4 x 375 ml bottels